Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SPORT  

  F1  

  SPAR Ladies Run  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Jean de Villiers, kaptein en senter van die Stormers, beur vorentoe met twee Brumbie-spelers wat verwoed wal gooi. De Villiers het uitgeblink en die Kapenaars se enigste drie gedruk. Foto: YUNUS MOHAMED
Jean de Villiers, kaptein en senter van die Stormers, beur vorentoe met twee Brumbie-spelers wat verwoed wal gooi. De Villiers het uitgeblink en die Kapenaars se enigste drie gedruk.    Foto: YUNUS MOHAMED
Sport
Dankie Bulls, sê Stormers-afrigter
04/05/2008 09:39:31 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die Stormers sê altyd dat hulle beheer wat hulle kan, maar het darem nie nagelaat om die Bulls te bedank vir Saterdag se oorwinning oor die Waratahs in Pretoria nie.

“Die Bulls bly ’n baie goeie span en hulle is besig om selfvertroue op te tel. Hulle het die Waratahs in die reën op Loftus verslaan. Ons bedank hulle daarvoor, maar ons taak is nou om ons laaste twee wedstryde te wen,” het die Stormers se afrigter, Rassie Erasmus, ná Saterdag se oorwinning van 20-10 oor die Brumbies op Nuweland gesê.

Die Bulls se sege van 16-13 oor die Waratahs het die Stormers se hand op ’n moontlike tuis-halfeindstryd verstewig.

Erasmus se span speel Saterdag op Nuweland teen die Waratahs in ’n wedstryd wat van kritieke belang is vir albei spanne se ambisies. Die Waratahs is weens hul nederlaag slegs twee punte voor die Stormers.

Daarna is die Stormers se enigste oorblywende wedstryd voor ’n moontlike halfeindstryd teen die Lions op Ellispark.

Die Stormers is vierde op die puntelys en is nou Suid-Afrika se beste kans om vir die halfeindronde te kwalifiseer. Nietemin sal hulle ook hoop die Western Force kan Vrydag die Hurricanes klop.

Laasgenoemde kan tussen die Stormers en ’n halfeindstryd op Nuweland staan.

Die Sharks se nederlaag teen die Crusaders het hul taak erg bemoeilik.

Hoewel Dick Muir se span die gunsteling sal wees om Saterdag met die Cheetahs in Durban af te reken, is dit ’n derby – iets wat soms ’n gelykmakende faktor kan wees.

“Die Cheetahs kan op enige dag ’n ander span klop,” het Erasmus gesê.

Die Sharks se ander oorblywende wedstryd is teen die Chiefs, wat ook nog onder die aanspraakmakers tel en die skietgoed het om vandeesweek met die Lions af te reken.

“Die volgende twee weke gaan baie interessant wees. Daar is heelwat spanne wat nog ’n aanspraak op ’n plek in die halfeindronde het,” het die Brumbies se kaptein, Stirling Mortlock, gesê.

Die Brumbies is ná hul eerste nederlaag op Nuweland sedert 1998 nie meer een van hulle nie. Hul afrigter, Laurie Fisher, het gesê hulle sal alles in die stryd werp om hul laaste twee wedstryde teen die Bulls en Force te wen.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |