Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Super14
Van Heerden se Super14-seisoen óók kortgeknip
14/05/2008 10:55:01 AM - (SA)

PRETORIA. – Die Springbok-flank Wikus van Heerden is die tweede Bulls-speler wie se Super14-rugbyseisoen met ’n week kortgeknip is.

’n Ondersoek het gister getoon dat Van Heerden kraakbeen in sy een knie geskeur het en ’n klein operasie sal moet ondergaan.

Van Heerden se knie is verlede Vrydagaand in die wedstryd teen die Brumbies beseer.

Hy sal soos die losskakel Derick Hougaard nie Saterdag vir die Bulls teen die Cheetahs in Bloemfontein in albei spanne se laaste wedstryd van die seisoen kan speel nie.

Tommie Smook, die Bulls se dokter, het gister gesê hoewel die swelling aan Van Heerden se beseerde knie heelwat gesak het, het ’n skandering ’n kraakbeen-skeurtjie uitgewys.

“Dit beteken dat ons die knie sal moet skoonmaak,” het Smook bygevoeg.

Van Heerden, ook die Bulls se onderkaptein, sal in die beginspan deur Pedrie Wannenburg vervang word. Sy bevordering baan die weg vir die terugkeer van die belowende jong Dewald Potgieter, wat laas op die toer in Australasië gespeel het.

Potgieter het gister gesê hy het heeltemal van die besering herstel wat hom vroeër na Suid-Afrika laat terugkeer het. Hy behoort volgens alle aanduidings die plaasvervanger-losvoorspeler te wees.

Hougaard se besering – ’n sweer op sy boudspier – het die afrigter, Frans Ludeke, voor ’n moeilike keuse gelaat wat gisteroggend tydens die oefening duidelik nog nie gemaak is nie.

Burton Francis, die Blou Bulle se Vodacombeker-losskakel wat teen die Brumbies op die plaasvervangerbank was toe Hougaard ook nie kon speel nie, was een van twee bykomende losskakels wat saam met die Bulls geoefen het.

Francis is een van die Bulle se sleutelspelers en Ludeke sal goed moet dink voordat hy hom aan Vrydag se Vodacombeker-eindstryd onttrek om vir die Bulls op die bank te sit.

Dat Ludeke beslis ook ’n ander plan het, was duidelik uit die teenwoordigheid van ’n nóg jonger losskakel, Francois Brummer. Hy sal waarskynlik saam die Bulls na Bloemfontein reis.

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |