Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Lions se kookwater-flank Cobus Grobbelaar (tweede van links) sal Saterdag sy 50ste Super-wedstryd speel wanneer die Lions en die Stormers op Ellispark slaags raak.Foto: MARIO VAN DE WALL
Die Lions se kookwater-flank Cobus Grobbelaar (tweede van links) sal Saterdag sy 50ste Super-wedstryd speel wanneer die Lions en die Stormers op Ellispark slaags raak.Foto: MARIO VAN DE WALL
Super14
Lions rig verskuilde waarskuwing aan Stormers
14/05/2008 10:55:03 AM - (SA)

JOHANNESBURG. – Die rugbyspan van die Lions wil Saterdag op Ellispark teen die Stormers wys hul goeie sege verlede naweek oor die Chiefs was geen vloekskoot nie.

Hul sege van 33-27 oor die Chiefs was hul tweede van die seisoen. Daarmee het hulle hul lang wendroogte verbreek sedert hulle in Februarie hul eerste wedstryd in die reeks teen die Cheetahs gewen het.

Cobus Grobbelaar speel Saterdag in sy 50ste Super-wedstryd.

Vir dié uithaler-oopkantflank en leier van die Lions-trop, gaan Saterdag se wedstryd nie om persoonlike prestasies nie. Al wat hy verwag, is om teen die Stormers voort te bou op die goeie vertoning teen die Chiefs.

“Ek wil hê ons moet die Super14-reeks op ’n hoogtepunt afsluit en wys die sege oor die Chiefs was geen vloekskoot nie. As ons dít kan doen, sal ons die Curriebeker-reeks op ’n hoogtepunt begin.

“Ons moet dieselfde kliniese vertoning in die vaste afdelings teen die Stormers lewer, druk uitoefen en hulle dwing om foute te begaan,” het Grobbelaar gister gesê.

Dié baljagter besef egter ook watter groot taak daar op hom en sy makkers wag.

“Hulle het verskillende speelpatrone en wissel hul spel baie af. Dit is moeilik om teen só ’n span te verdedig, want hulle kan altyd met iets nuuts vorendag kom. Daarby het hulle verskeie spelbrekers met baie Springbokke.

“Hulle sal ook honger en opgepomp wees om ons te klop, want hulle is naby aan ’n plek in die halfeindronde,” het Grobbelaar gesê.

Eugene Eloff, afrigter van die Lions, het die span wat die wedstryd teen die Chiefs begin het, behou vir die kragmeting met die Stormers.

Hy het een verandering op die bank aangebring met Jano Vermaak se insluiting as plaasvervanger-skrumskakel. Vermaak is Saterdagoggend weens griep onttrek.

Chris Jonck is toe die kans gegee om die nommernege-trui te dra. Hy het die kans aangegryp en dit het Eloff en die agterlyn-afrigter, Wimpie Vermeulen, gedwing om Jonck weer vir die beginspan te kies.

Die Lions se Springbok-losvoorspeler, Joe van Niekerk, was gistermiddag net ’n toeskouer by die Lions se oefening.

Hy het teen die Chiefs baie stampe en stote verduur wat erge kneusings veroorsaak het.

Die Lions se span is: Earl Rose, Louis Ludik, Jaque Fourie, Walter Venter, Ryno Benjamin, Jaco van Schalkwyk, Chris Jonck, Willem Alberts, Joe van Niekerk, Cobus Grobbelaar (k), Gerhard Mostert, Dewald Senekal, JC Janse van Rensburg, Willie Wepener, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, Ross Geldenhuys, Franco van der Merwe, Wilhelm Koch, Jano Vermaak, Jannie Boshoff, Dusty Noble.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |