Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Super14
Bulls pak Cheetahs sonder dié Bok-duo
13/05/2008 10:58:08 AM - (SA)

PRETORIA. – Derick Hougaard se Super14-rugbyseisoen is verby en daar is boonop ook ’n sterk moontlikheid dat Wikus van Heerden nie Saterdag vir die Bulls teen die Cheetahs in Bloemfontein sal speel nie.

Die sweer in Hougaard se boudspier het nog nie genoeg herstel nie en hy sal volgens die spandokter, Tommie Smook, nie vir die stryd met die Cheetahs oorweeg word nie.

Hougaard kon om dieselfde rede ook nie teen die Brumbies speel nie.

“Dit is belangrik dat Derick se gesondheid voorkeur kry en ons hom nou die kans gee om heeltemal te herstel voordat die Curriebeker-reeks begin.

“Ek kan ook nie ontken dat Wikus dalk nie sal speel nie.

“Hy het in die wedstryd teen die Brumbies ’n skop op die knie gekry.

“Dit was gister nog baie geswel en ook in sy geval sal ons geen kanse waag nie, veral nie in die laaste wedstryd van die seisoen nie,” het Smook bygevoeg.

Die nuus oor Hougaard is nie net vir die Bulls nie, maar ook die Blou Bulle ’n groot slag.

Alles dui daarop dat Burton Francis soos teen die Brumbies weer die plaasvervanger-losskakel sal wees en hy sal gevolglik nie in die Vodacombeker-eindstryd teen die Vrystaat-Cheetahs Vrydagaand op Loftus Versfeld speel nie.

Francis was die hele seisoen die Bulle se groot staatmaker in die nommer10-trui en een van die Vodacombeker-reeks se voorste puntemakers.

Hy het 95 punte aangeteken en is tans in die derde plek.

Buiten Hougaard en Van Heerden was die nuus oor die ander Bulls-beseerdes en -olikes bemoedigend.

Bakkies Botha, Deon Stegmann, JP Nel en Zane Kirchner behoort almal teen die Cheetahs te speel.

Frans Ludeke, die Bulls se afrigter, het gewaarsku dat die Cheetahs ondanks hul voorlaaste plek op die puntelys steeds gedugte teenstanders sal wees.

“Ons sal niks op ’n skinkbord kry nie, maar met die oog op die Curriebeker-reeks is dit belangrik om die momentum te behou wat ons met die agtereenvolgende seges oor die Highlanders, Waratahs en Brumbies opgebou het,” het Ludeke gesê.

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |