Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Natallers was té konserwatief, erken Muir
12/05/2008 01:36:47 PM - (SA)

DURBAN. – Die Sharks het hulself in die voet geskiet deur nie vroeër in die Super14-rugbyreeks aanvallender te speel nie.

Dick Muir, die Sharks se afrigter, het Saterdag ná sy span se sege van 33-14 oor die Cheetahs toegegee dat sy span se konserwatiewe benadering hom duur te staan kom.

Die Sharks is in ’n stryd gewikkel om hulself tot een van die vier top-spanne in dié reeks te verhef. “As ons van die begin van die seisoen af met ’n meer positiewe ingesteldheid gespeel het, sou ons nie in dié posisie gewees het nie,” het Muir gesê.

“Ons was te bekommerd oor die (nat en soms bedompige) toestande wat ons (aan die begin van die reeks in Durban) teëgekom het. Dinge kon anders gewees het as ’n mens bonuspunte in ag neem,” het Muir gesê.

Die Sharks het in 12 kragmetings net drie bonuspunte (25 drieë) verwerf en Muir-hulle moet Saterdag teen die Chiefs die drieë inryg as hulle steeds die halfeindstryd wil haal.

Dit is byna seker dat die Sharks ook sonder hul spelbreker, die veelsydige Frans Steyn, moet klaarkom.

“Francois het ’n rib-besering opgedoen. Ek is nie seker oor hoe erg dit is nie. Miskien sal hy ’n week lank rus, dalk twee weke.”

Steyn is beseer toe hy oor die kantlyn geduik is, maar hy het voortgespeel.

Die Sharks se beseerde kaptein, Johann Muller, behoort op slot terug te keer.

Muir besef al te goed dat die Chiefs ’n ander uitdaging as die Cheetahs aan sy span gaan stel.

“Daar wag ’n tamaai uitdaging. Hulle het ’n klomp supersterre en spelbrekers en dit gaan ’n hengse stryd wees. Ons benader die wedstryd asof dit in die uitklopronde is.”

. Intussen is die Nieu-Seelander John Plumtree as die Sharks se nuwe Curriebeker-afrigter aangestel. Hy neem op 1 Junie die leisels oor by Muir wat Springbok-hulpafrigter word.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |