Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Jaque FourieFoto: Felix Dlangamandla
Jaque FourieFoto: Felix Dlangamandla
Super14
Moeilike Lions wil wêreld vir Kapenaars warm maak
12/05/2008 11:57:34 AM - (SA)

JOHANNESBURG. – Die Stormers moet nie Saterdag op Ellispark enige gunsies van die Lions in hul wedstryd in die Super14-rugbyreeks verwag nie.

As die Stormers in die halfeindstryd wil speel, móét hulle dit op eie stroom regkry, want die tuisspan gaan hulle nie help om te verseker ’n Suid-Afrikaanse span speel in die uitklopfase nie.

Die Stormers moet die Lions klop, verkieslik ’n voltal van vyf punte verdien en met ’n beter punteverskil as die Sharks eindig (sou die Sharks vyf punte teen die Chiefs insamel) om seker te maak van ’n plek in die halfeindronde.

Die eerste keer dié seisoen kan daar duisende toeskouers op Ellispark wees, want net 4 500 was eergister daar om te sien hoe die Lions die Chiefs met 33-27 verslaan het om hul lang wendroogte te verbreek.

Cobus Grobbelaar en sy trop het met dié sege gewys hulle gaan nie net ’n slaansak vir die Stormers wees nie.

Eugene Eloff, afrigter van die Lions, het gesê met die sege oor die Chiefs het sy span die Sharks en die Stormers ’n laaste guns bewys.

“Ons gaan beslis nie doelbewus teen die Stormers verloor nie. As hulle in die halfeindronde wil speel, moet hulle dit op eie stoom regkry.

“Die Lions wil die reeks op ’n hoogtepunt afsluit met ’n sege oor een van die groot spanne in die reeks.

“Ek dink ook nie Rassie (Erasmus, afrigter van die Stormers) en sy spelers wil hê enigiemand moet hulle ’n guns bewys nie. As dit ek was, sou ek wou hê my span moet daarvoor werk om ’n halfeindstryd te haal en verdien om daar te wees.

“Dit gaan ’n titaniese stryd wees, want daar is baie trots op die spel. Ons sal ons bes probeer omdat ons dit aan onsself, die ondersteuners en borge verskuldig is. Ek dink dit sal lafhartig van ons wees om die wedstryd opsetlik weg te gooi. Ons moet speel om te wen, want dis waaroor die integriteit van die spel gaan,” het Eloff gesê.

Wat die sege oor die Chiefs betref, het Eloff gesê benewens die wedstryd teen die Blues, het die Lions elke keer goed gespeel.

“Ons kon egter nie wen nie. Ons strategie was goed en net soos in die ander wedstryde het die spelers hul lywe op die spel geplaas. Daarbenewens het die bal vir ’n slag vandag (Saterdag) ook reg gespring.

“Ons het die Chiefs ook uit hul ritme en patroon gedwing deur hulle raak en laag te duik en hul ruimte te beperk. Hulle kon nie op die voorvoet kom nie.

“Daar was ’n paar drieë wat daar buite vir ons rondgelê het. Dit was ’n bewys dat ons vordering maak.

“Die keerpunt was die rooi kaart wat hul stut Ben May (wat Joe van Niekerk in die gesig getrap het) gekry het,” het Eloff gesê.

Grobbelaar het gesê ondanks die sege het die Lions nog nie bereik wat hul wil nie. “Ons is nog nie waar ons wil wees nie. Hierdie sege is maar net ’n trappie op die pad waar ons wil wees.

“Die groot verskil (teenoor vorige wedstryde) was die geduld wat die ouens aan die dag gelê en (dat ons) by die wedstrydplan gehou het.

“Wat ons geoefen het, is uitgevoer, terwyl ons ook baie minder foute begaan het,” het Grobbelaar gesê.

Grobbelaar en Eloff was dit eens dat die Springbok-senter Jaque Fourie ’n groot verskil gemaak het.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |