Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dan CarterFoto: Bradley Kanaris/GETTY IMAGES
Dan CarterFoto: Bradley Kanaris/GETTY IMAGES
Super14
Carter weer dodelik ná besering
12/05/2008 11:53:48 AM - (SA)

BRISBANE. – Die All Black-losskakel Daniel Carter het ’n tydige terugkeer ná sy besering gemaak om die Crusaders te help om die Reds Saterdag hier met 27-21 te klop in ’n Super14-rugbywedstryd.

Carter het eers met ’n doelskop van die kantlyn af geslaag en daarna in die laaste minute ’n drie gedruk.

Met Carter, wat in die tweede helfte opgestuur is, het die Crusaders 19 punte aangeteken nadat hulle in ’n stadium met met 8-21 agter was.

Die Crusaders se afrigter, Robbie Deans, het sy troewe gespeel deur Carter en drie ander plaasvervangers met 97 toetse tussen hulle, op te stuur.

Met die rustyd was die Crusaders nog met 8-14 agter.

Kade Poki het vroeg gedruk vir die besoekers, voordat Queensland se kaptein, James Horwill, die tuisspan se eerste drie in die 12de minuut gedruk het.

Die vleuel Peter Hynes het die Queenslanders se tweede drie gedruk.

Tot laat in die tweede helfte was die tuisspan nog gerieflik voor, maar nadat twee Reds-spelers deur die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Mark Lawrence, koelkas toe gestuur is, het die yslike gate in die moedige Queenslanders se verdediging verskyn.

Drieë deur Stephen Brett, Kieran Reid en Carter het die oorwinning vir die Cru­saders verseker.

Puntemakers:

CRUSADERS 27 (8): Drieë: Kade Poki, Kieran Read, Ali Williams, Daniel Carter. Doelskoppe: Carter (twee). Strafdoel: Stephen Brett.

REDS 21 (14): Drieë: James Horwill, Peter Hynes en Quade Cooper. Doelskoppe: Clinton Schifcofske.

. In Dunedin het die Blues se heelagter, Nick Evans, 23 punte, insluitende twee drieë, behaal in die Blues se sege met 40-15 oor die Highlanders.

Evans, die All Black-losskakel, wat verlede week deur die Londense klub Harlequins gekontrakteer is, het die Blues se eerste 21 punte aangeteken.

Met die rustyd het die Blues reeds met 26-3 voorgeloop. Met dié sege is hul aanspraak steeds lewend vir ’n plek in die halfeindronde.

Puntemakers:

BLUES 40 (26): Drieë: Nick Evans (2), Rudi Wulf, Anthony Tuitivake, David Smith. Doelskoppe: Evans (2), Ben Atiga. Strafdoele: Evans (3). HIGHLANDERS 15 (3): Drieë: Aaron Bancroft en Adam Thompson. Doelskop: Mike Delany. Strafdoel: Delany.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |