|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Die Hurricanes se Rodney So’oialo probeer wegkom van die Western Force se verdedigers. Foto: REUTERS
Super14
Hurricanes maak stem dik vir plek in halfeind
09/05/2008 01:31:28 PM - (SA)
Dit lyk al hoe meer waarskynlik dat die Wellington Hurricanes in ’n Super14-halfeindstryd sal speel nadat hulle die Western Force Vrydagoggend 21-10 gewen het.
Die halftydtelling was 10-3.
Met al die ander wedstryde wat nog gespeel moet word, lê die Hurricanes tweede op die punteleer met 40 punte.
Net die Waratahs (nou op 37) en die Stormers (nou op 35) sal hulle dié naweek kan onttroon. Dié twee spanne pak mekaar Saterdag op Nuweland in Kaapstad.
Die Crusaders, wat Saterdag teen die Reds te staan kom, is eerste op die punteleer met 47 punte.
Puntemakers:
Hurricanes – Drieë: Andrew Hore, Hosea Gear; Doelskop: Piri Weepu; Strafskoppe: Weepu (3).
Western Force – Drie: Cameron Shepherd; Doelskop; Matt Giteau; Strafskop: Giteau.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |