Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Wylie Human het ’n indrukwekkende buiging vir die Stormers teen die Brumbies gemaak. Hy sal egter daarop moet voortbou teen ’n gevaarlike Waratahs-span. Foto: GALLO IMAGES
Wylie Human het ’n indrukwekkende buiging vir die Stormers teen die Brumbies gemaak. Hy sal egter daarop moet voortbou teen ’n gevaarlike Waratahs-span. Foto: GALLO IMAGES
Super14
‘Tonderai moet sweet om weer span te haal’
09/05/2008 09:57:27 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Tonderai Chavhanga moet werk om terug in die Stormers se beginspan te kom.

Dít is die boodskap van die Stormers se agterlyn-afrigter, Allister Coetzee, aan die regtervleuel, Wylie Human, voor môre se belangrike Super14-rugbywedstryd teen die Waratahs op Nuweland.

Coetzee was baie beïndruk deur Human se vertoning in sy buiging vir die Stormers verlede week teen die Brumbies, en hoop die veteraan van Super-rugby kan vandeesweek daarop voortbou.

“Dis ’n groot sprong van die Vodacombeker na die Super14 toe, en Wylie het merkwaardig goed gedoen.

“Ek is baie bly vir hom, want baie mense het hom afgeskryf,” het Coetzee gesê.

“Ek is baie tevrede met hom en sy ervaring het duidelik na vore gekom. Ervaring is baie belangrik in enige groot kompetisie.”

Human het veral op die verdediging sy slag gewys teen die Brumbies, maar Coetzee hoop hy kan ook op die aanval ’n faktor wees teen die Waratahs.

“Ek sal wil sien dat Tonderai moet werk om terug in die span te kom,” het Coetzee gesê.

“Wylie het nog altyd baie goed afgerond. Hy het nie Tonderai se spoed nie, maar is baie gevaarlik 10 tot 15 meter van die doellyn af.”

Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Stormers, het vandeesweek bevestig dat Chavhanga dalk fiks kan wees indien die Stormers die halfeindronde haal. Chavhanga het ’n dyspier geskeur in die onlangse wedstryd teen die Hurricanes.

Die uitdaging vir die Stormers is om vir Human geleenthede op die aanval te skep. Hul ander vleuel, Sireli Naqelevuki, het gevaarlik gelyk teen die Brumbies en kan baie goed aangewend word om verdedigers te trek.

“Dis net ’n kwessie om te weet waar en wanneer om Sireli aan te wend,” het Coetzee gesê.

“Hy is gevaarlik wanneer hy van iemand af hardloop, en moet nie onnodig as die eerste ontvanger gebruik word nie.”

Die Waratahs self het baie gevaarlike buite-agterspelers, soos byvoorbeeld Lote Tuqiri en Lachlan Turner.

Coetzee verwag egter die Aussies sal poog om die Stormers met konserwatiewe rugby te troef.

“Hulle is ’n redelik konserwatiewe span. Ek verwag hulle gaan die bal naby aan die pak hou. Dit gaan belangrik wees dat ons daardie uitdaging voorlangs aanvaar en ’n goeie platform skep,” het Coetzee gesê.

“Ons beplan nie om konserwatiewe rugby te speel nie. Ons sal by ons strukture hou, en poog om die geleenthede uit te buit wanneer dit daar is, ongeag die weerstoestande.”

Coetzee meen die Waratahs se skakelpaar van Luke Burgess en Kurtley Beale hou vir die Stormers groot gevaar in.

“Ek is baie beïndruk deur Burgess. Hy lewer baie goeie diens aan Beale, wat homself nou op losskakel kon vestig,” het Coetzee gesê.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |