|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Super14
Bok-trio draf dalk laaste keer in Bulls-trui op Loftus uit
09/05/2008 09:57:29 AM - (SA)
PRETORIA. – Die Bulls het min aangename herinnerings aan die Super14-rugbyreeks van 2008, maar ’n oorwinning oor die Brumbies vanaand sal minstens verseker dat hulle met ’n positiewe balansstaat van Loftus Versfeld afskeid neem.
Dit is die Bulls se sewende en laaste tuiswedstryd in die reeks.
Hulle het op Loftus met die Lions, Highlanders en Waratahs afgereken, maar hier ook teen die Crusaders, Sharks en Hurricanes verloor.
Waar daar vir die Brumbies tegnies nog ’n skraal kans is om vierde te eindig, is ’n negende plek op die puntelys die beste waarop die Bulls kan hoop.
Dit lyk daarom of dit vanaand net om verlore aansien gaan.
Die Bulls sal met ’n oorwinning oor die Brumbies nie net hul eerste positiewe driekuns in die reeks behaal nie, maar daarmee ook verdere salf aan die wonde smeer wat veral deur die ramspoedige toer in Australasië toegedien is.
Die onsekerheid oor die toekoms van onder andere Bakkies Botha, Wikus van Heerden en Fourie du Preez kan aan vanaand se kragmeting nostalgie verleen.
Miskien is dit dalk die laaste keer dat een, twee of al drie dié staatmakers in die Bulls-trui op Loftus speel.
Die Bulls sal nie soos verlede naweek weer reën as ’n bondgenoot hê nie, want sonskynweer word voorspel.
Dit beteken die Bulls sal nie op kliniese tienmanrugby soos teen die Waratahs kan terugval nie, maar eerder dieselfde wedstrydplan in werking stel wat ’n groot oorwinning oor die Highlanders verseker het.
Die spanne is:
Bulls: Zane Kirchner, Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Bryan Habana, Morné Steyn, Fourie du Preez (k), Pierre Spies, Wikus van Heerden, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Bakkies Botha, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Rayno Gerber, Jaco Engels, Danie Rossouw, Francois Hougaard, Burton Francis, Pedrie Wannenburg.
Brumbies: Mark Gerrard, Adam Ashley-Cooper, Stirling Mortlock (k), Tyrone Smith, Afusipa Taumoepeau, Christian Lealiifano, Josh Holmes, Stephen Hoiles, George Smith, Mitchell Chapman, Mark Chisholm, Alister Campbell, Guy Shepherdson, John Ulugia, Nic Henderson. PLAASVERVANGERS: Saia Faingaa, Ben Alexander, Peter Kimlin, Adam Wallace-Harrison, Julian Salvi, Patrick Phibbs, Matt Toomua.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |