Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Wallaby-vleuel Lote Tuqiri is een van verskeie gevaarmanne in die Waratahs se geledere vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Stormers op Nuweland. Die Waratahs het gister op Hamiltons se veld geoefen.Foto: LULAMA ZENZILE
Die Wallaby-vleuel Lote Tuqiri is een van verskeie gevaarmanne in die Waratahs se geledere vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Stormers op Nuweland. Die Waratahs het gister op Hamiltons se veld geoefen.Foto: LULAMA ZENZILE
Super14
Rassie hou Waratahs op hul tone
08/05/2008 05:13:09 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die Waratahs se afrigter, Ewen McKenzie, wag in spanning om te sien met watter verrassing die Stormers se breier, Rassie Erasmus, in Saterdag se Super14-rugbywedstryd op Nuweland vorendag sal kom.

“Rassie is ’n karakter en het ’n reputasie as iemand wat innoverend is,” het McKenzie gister by die Waratahs se hotel aan joernaliste gesê.

“Met Rassie is daar altyd iets aan die gang. Jy moet op jou tone bly. Ek hou van die feit dat hy altyd dink.

“Ek verwag enigiets en sal nie verbaas wees as hy met ’n hele sak vol slenters vorendag kom nie!”

McKenzie het egter gewaarsku dat die Waratahs, wat tans tweede op die puntelys is, ook ’n paar van hul “eie tierlantytjies” kan uithaal.

“Jy moet egter vir Rassie krediet gee vir die positiewe styl van rugby wat die Stormers speel, en die ommekeer wat hy bewerkstellig het,” het McKenzie gesê.

Die Waratahs het ook sedert verlede seisoen daadwerklik verbeter.

Hulle het verlede jaar tweede laaste op die puntelys geëindig en kan met ’n oorwinning oor die Stormers die tweede plek wat hulle tans beklee, konsolideer.

McKenzie is in sy vyfde seisoen as breier by die Waratahs, maar sal nie weer volgende jaar aan die stuur van die Nieu-Suid-Walliesers wees nie.

Senior spelers soos die slot Dan Vickerman en die losvoorspeler David Lyons is ook in hul laaste seisoen by dié span. Daar is dus baie op die spel, want dis hierdie groep spelers se laaste kans om saam met McKenzie ’n Super14-titel in te palm.

“Ek het gisteraand hier by die hotel vir Naas (Botha) gesien, en hy het aan my gesê ons wedstryd sal die beste een van die naweek wees,” het McKenzie gesê.

“Ons fokus is eenvoudig om wedstryde te wen.

“Hopelik slaag ons daarin en wys die puntelys dit.

“Ons is tans tweede, so ons moet besig wees om iets reg te doen. Die Sharks se drie nederlae op ’n streep het egter vir ons gewys hoe maklik jy beheer kan verloor.”

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |