Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Nuwe skepdoel-spesialis op plaasvervangerbank vir Bulls
08/05/2008 05:13:13 PM - (SA)

PRETORIA. – Burton Francis, jong losskakel van die Blou Bulle se Vodacombeker-span, word Vrydagaand tussen die groot honde losgelaat wanneer die Bulls op Loftus Versfeld teen die Brumbies in ’n Super14-rugbywedstryd te staan kom.

Francis, wat een van die Ligbloues se sterre was in hul oortuigende sege van 40-20 oor Griekwas in die Vodacombeker-halfeindronde, is die plaasvervanger-losskakel teen die Brumbies.

Derick Hougaard, wat verlede naweek op die plaasvervangerbank was toe die Bulls met die Waratahs afgereken het, kon nie vir die stryd met die Brumbies oorweeg word nie weens ’n septiese sweer in sy boudspier.

Hougaard is vroeg in die wedstryd teen die Waratahs ingespan nadat die senter JP Nel sy hand beseer het. Hougaard het baie goed in die reën aangepas en die wedstryd met sy puik taktiese skopwerk oorheers.

Nes Hougaard, is ook Francis ’n skepskop-spesialis. Hy het dié seisoen reeds met ses skepdoele in die Vodacombeker-reeks geslaag en is algeheel derde op die lys van voorste puntemakers (95).

Sonder om hom sy kans in die Super14-kollig te ontneem, sal die Bulls styf duim vashou dat Hougaard reg sal wees vir die Bulls se laaste wedstryd van die seisoen.

Dit is op 16 Mei teen die Cheetahs in Bloemfontein – ’n dag ná die eindstryd om die Vodacombeker tussen die Bulle en Vrystaat op Loftus. Sonder Francis op losskakel sal die Bulle ’n reuse-troefkaart kwyt wees. Francis se insluiting as ’n plaasvervanger is een van twee veranderings aan die 22-tal van die Bulls wat teen die Waratahs in aksie was.

Die ander een is in die beginspan waar Fourie du Preez sodanig van ’n handbesering herstel het dat hy terugkeer. Hy en die jong Francois Hougaard ruil plekke om.

Du Preez neem ook die kapteinskap oor by die flank Wikus van Heerden, wat in die oorwinnings oor die Highlanders en Waratahs die Bulls-aanvoerder was.

Van Heerden se welslae sal Du Preez onder druk plaas omdat hy die Bulls se kaptein in hul swakste seisoen in die afgelope vier seisoene was. Hy, en al die ander Bulls, sal daarop uit wees om die Loftus-skare met ’n oorwinning te groet.

Die Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het oor die Brumbies gesê hoewel hulle daarvan hou om die bal lug te gee, het hulle die afgelope twee seisoene al hoe meer van skoppe as ’n taktiese troefkaart gebruik gemaak.

Die Bulls se span is: Zane Kirchner; Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Bryan Habana; Morné Steyn, Fourie du Preez (k); Pierre Spies, Wikus van Heerden, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Bakkies Botha, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Rayno Gerber, Jaco Engels, Danie Rossouw, Francois Hougaard, Burton Francis, Pedrie Wannenburg.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |