Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Bulls het nou opgestaan, sê Ludeke
05/05/2008 08:54:14 AM - (SA)

PRETORIA. – Die Waratahs se rugbyspan behoort ondanks hul glips eergister op Loftus Versfeld steeds vir die Super14-halfeindronde te kwalifiseer, meen Frans Ludeke, afrigter van die Bulls.

Ludeke het gister benadruk dat die Waratahs verdien om tweede op die puntelys te wees en dat hul kragmeting met die Stormers Saterdag op Nuweland in Kaapstad een van die hoogtepunte van die seisoen kan wees.

“Hul nederlaag teen ons was hul eerste in ses agtereenvolgende wedstryde, wat reeds baie oor die Waratahs se potensiaal sê. Ons was gelukkig dat dit die hele wedstryd lank gereën het. Ons het danksy ons meer bedrewe skoppers die taktiese oorhand gekry,” meen Ludeke.

Hy is bly dat die Bulls onder meer die Stormers ’n guns met hul sege oor die Waratahs bewys het.

“Ons het dit egter eerstens vir onsself gedoen omdat ons dié momentum en selfvertroue broodnodig het. Ná twee agtereenvolgende oorwinnings kan ’n mens aanvaar dat die Bulls opgestaan het,” het die breier bygevoeg.

Volgens hom was dit die “beste medisyne” om die naasvoorste span op die puntelys te klop, want dit wys dat die Bulls baie beter as hul tiende plek is.

“Ek het die hele seisoen gesê dit is die klein jakkalsies wat ons boord beskadig.

“Saterdag (eergister) het ons die pas aangegee met die soort rugby wat vir moeilike toestande die geskikste was. Ons het dit baie goed gedoen en hierdie keer het die teenstanders weens kritieke foute die onderspit gedelf,” het Ludeke bygevoeg.

Ludeke het gesê dit pla hom nie dat die Bulls die Brumbies op ’n droë veld moet pak nie.

“Ons het dié seisoen reeds gewys dat ons aanpasbaar is. Dit pas ons dat die Brumbies daarvan hou om in ’n struktuur te speel.”

Ludeke het verder gesê hy sal eers vanoggend weet hoe ernstig die handbesering van die senter JP Nel is. As hy nie teen die Brumbies kan speel nie, behoort Ludeke te volstaan met die senterpaar wat ná Nel se besering ingespan is.

“Ons weet dat Morné (Steyn) baie potensiaal as binnesenter het. Boonop is dit ’n groot bonus om hom langs Derick (Hougaard, losskakel) te hê omdat albei die druk met hul skopwerk kan verplaas.”

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |