Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Stryd om houtlepel te vermy
01/05/2008 10:21:57 PM - (SA)

BLOEMFONTEIN. – Twee spanne, wat kwaai in die knyp is, baklei Vrydagaand vir een staanplek in die Super 14-ry wanneer die Cheetahs en die Highlanders hier op Vodacompark kragte meet.

Wanneer Juan Smith (Cheetah-kaptein) en Craig Newby (Highlanders-kaptein) hul troepe vanaand op die veld lei, is ’n nederlaag nie ter sprake vir een van die twee kapteins nie.

Die laaste plek op die Super 14-puntelys is soos ’n blaffende hond aan dié twee spanne (albei 11 ligapunte) se enkels, met slegs die Lions wat tans minder ligapunte het.

Daarom kan daar verwag word dat albei spanne vanaand ’n reg-of-weg-benadering tot die wedstryd sal volg

Die Cheetahs se laaste twee wedstryde wat wag, teen die Sharks en die Bulls, en die Highlanders se oorblywende kragmetings met die Blues en die Crusaders, sal ’n selfs steiler bult wees om te klim vir die span wat vanaand verloor.

Vir die Cheetahs is daar baie afdelings waarop hulle moet verbeter om ’n herhaling van hul nederlaag teen die Hurricanes vry te spring.

Dit sal voorlangs begin waar die Cheetahs sal baat vind deur die klem op hul sterk punt, hul agttal, te lê.

Die Bok-stut CJ van der Linde sal in die skrums teen die belowende Jamie MacKintosh van die Highlanders te staan kom.

Van der Linde sal die plaaslike rugbypubliek wil herinner waarom hy wêreldwyd agting het, terwyl Heinrich Brüssow en Duanne Vermeulen van hul vroeëre vertonings in die reeks moet herhaal om Smith in die losstryd te steun.

Die spanne is:

Cheetahs : Hennie Daniller, Eddie Fredericks, JW Jonker, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Conrad Barnard, Noel Oelschig, Duanne Vermeulen, Juan Smith (k), Heinrich Brüssow, Barend Pieterse, Rory Duncan, CJ van der Linde, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Richardt Strauss, Bees Roux, David de Villiers, Hendro Scholtz, Tewis de Bruyn, Bevin Fortuin, Hendrik Meyer.

Highlanders : Paul Williams, Matt Saunders, Brett Mather, Johnny Leota, Fetu’u Vainikolo; Mike Delany, Toby Morland, Craig Newby (k), Tim Boys, Adam Thomson, Tom Donnelly, Hoani MacDonald, Clint Newland, David Hall/Jason MacDonald, Jamie MacKintosh. PLAASVERVANGERS: Jason MacDonald/David Hall, Chris King, Hayden Triggs, George Naoupu, Jimmy Cowan, Blair Stewart, Aaron Bancroft.

Skeidsregter: Paul Marks (Aus).

Afskop: 19:00.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |