Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Bulls se Kaapse invoerproduk Francois Hougaard het teen die Highlanders in sy eerste Super14-wedstryd gespeel. Hy sal môre teen die Waratahs deeglik getoets word op skrumskakelFOTO: MARIO VAN DE WALL
Die Bulls se Kaapse invoerproduk Francois Hougaard het teen die Highlanders in sy eerste Super14-wedstryd gespeel. Hy sal môre teen die Waratahs deeglik getoets word op skrumskakelFOTO: MARIO VAN DE WALL
Super14
Hougaard glo daar’s altyd ruimte vir verbetering
01/05/2008 10:21:55 PM - (SA)

PRETORIA. – Dertien dae gelede toe die Bulls met die Highlanders op Loftus Vers­feld afgereken het, het ’n toeskouer by dié Super14-rugbywedstryd oor die jong skrumskakel Francois Hougaard gesê: “Ek ken ’n goeie ding as ek hom sien”.

En hoewel dit nooit goed is om voortydig met iets op loop te gaan nie, sal baie kenners dit met dié Loftus-getroue eens wees dat Hougaard in ’n buitengewone groep spelers val.

Soos hy teen die Highlanders gespeel het nadat hy die beseerde Heini Adams in die eerste helfte vervang het, het dit nie gelyk of Hougaard ’n Super14-groentjie is nie.

“Dinge het baie vinnig met my gebeur. Ek het met my skuif Pretoria toe beslis begroot om vir die Bulls te speel, maar nie sommer in my eerste jaar nie.”

Hougaard het gesê die besluit om die Kaap vir die Jakarandastad te verruil, is nie om finansiële redes geneem nie.

“Ek het vir myself soveel meer uitdagings en geleenthede by die Blou Bulle gesien,” het Hougaard gesê.

Die 20-jarige Hougaard, ’n produk van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het gesê die Bulls se toer in Australasië het hom baie goed toegerus, al het hy nie in een van die vier wedstryde gespeel nie.

“Die blote feit dat ek deel van die span was en gesien en ervaar het hoe dit is om onder moeilike omstandighede in die vreemde te oorleef, het my beslis kopfikser gemaak,” het Hougaard gesê.

“Ek was omring deur ervaring en het ontsettend baat gevind by die kundigheid van spelers soos Fourie du Preez, veral ten opsigte van posisionering en besluitneming.

“Elke speler het sy eie voor- en afkeure. Ek hou glad nie daarvan om in die aand te speel wanneer die dou dit moeilik maak om die bal te versprei nie.

“Dit was daarom uitstekende nuus dat die wedstryd teen die Highlanders in die middag was.

“ ’n Droë bal maak dit soveel makliker om jou stempel af te druk.

“Ek hoor die mense sê ek het baie goed gespeel, maar ek glo daar is altyd ruimte vir verbetering. Vir my gaan dit nou om Saterdag teen die Waratahs my beskeie bydrae tot ’n oorwinning vir die Bulls te lewer.”

Volgens Hougaard wil die Bulls die Waratahs voorlangs met ’n hewige fisieke aanslag probeer uitmergel.

“Hulle het een van die beste verdedigings-vertoningslyste. Ons sal hulle net kan klop as ons werkverrigting soveel beter is,” het Hougaard bygevoeg.

. Ian Schwartz, sake-bestuurder van die BBM, het gister oor die media-verklaring ten opsigte van Bakkies Botha gesê dit was so bewoord dat daar ruimte vir “misverstande” kon ontstaan het.

“Ek wil dit graag duidelik stel dat ons Francois van Schouwenburg, Adriaan Fondse en Cliff Milton nie vanweë die randwaarde van Bakkies se kontrak verloor het nie, maar wel omdat dit oor vyf jaar strek,” het Schwartz gesê.

“Cliff en Adriaan is soos Bakkies klassieke nommertwee-slotte en ons kon hulle geen waarborge oor speelkans gee nie.”

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |