|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Super14
Collins, Smith nie teen Lions in aksie
01/05/2008 10:22:36 PM - (SA)
JOHANNESBURG. – Een yster minder vir die Lions om hulle oor te bekommer vir Saterdagoggend se Super14-rugbywedstryd teen die Hurricanes in Wellington.
Die goeie nuus vir Cobus Grobbelaar en sy trop is dat die Hurricanes se geharde All Black-flank Jerry Collins hulle nie saam met die agtsteman en kaptein, Rodney So’oialo, en die flank Chris Masoe, ook albei All Blacks, sal terroriseer nie.
Collins het nog nie van die ribbesering herstel wat hy teen die Stormers op hul Suid-Afrikaanse toer opgedoen het nie.
Hy moes weens dié besering na Nieu-Seeland terugkeer en het sy span se laaste wedstryd verlede Saterdag teen die Cheetahs in Kimberley misgeloop.
Collins se plek vir die Cheetah-stryd is deur Scott Waldrom ingeneem. Nog ’n All Black, die senter Conrad Smith, sal ook nie saam met die binnesenter en kaptein, Ma’a Nonu, in die middelveld saamspan om die senterpaar van die Lions, Walter Venter en Doppies la Grange, te laat skarrel nie.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |