Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nee, hy het nie by die Cheetahs aangesluit nie. Robbie Diack sal wel Saterdag op agtsteman vir die Stormers sak in die Super14-rugbywedstryd teen die Brumbies op NuwelandFoto: FRANCOIS NEL
Nee, hy het nie by die Cheetahs aangesluit nie. Robbie Diack sal wel Saterdag op agtsteman vir die Stormers sak in die Super14-rugbywedstryd teen die Brumbies op NuwelandFoto: FRANCOIS NEL
Super14
Nóg ’n beseringskok
29/04/2008 10:59:42 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Met die nuus van Schalk Burger se besering skaars koud, is die Stormers gister deur nóg ’n brokkie slegte nuus oor knieligamente getref.

Hierdie keer is dit die Springbok-haker Tiaan Liebenberg wie se naam op die krukkelys bygevoeg is.

“Tiaan het ’n kniebesering en dit lyk erg,” het die Stormers se afrigter, Rassie Erasmus, gister ná die span se oefening in Durbanville gesê.

“Dis ontwrigtend, maar dit gaan nie help om te stres nie. Jy moet reken daarop dat jy vyf of ses sulke beserings in ’n veldtog gaan kry.

“Die beserings wat ons nou optel, is nie weens die spelers se kondisionering nie, maar hoofsaaklik as gevolg van impak.”

Liebenberg sal nes Burger die res van die Super14-reeks misloop.

Deon Fourie het gister saam geoefen en sal waarskynlik op die plaasvervangerbank wees, met Schalk Brits wat weer op haker sal begin.

Die veelsydige agterspeler Wylie Human het ook saam geoefen en is ’n opsie om as regtervleuel ingespan te word, terwyl die flank Pieter Myburgh en die Bolandse skrumskakel Dewaldt Duvenhage óók nader getrek is.

Myburgh kan vandeesweek onder die Stormers se plaasvervangers tel.

“Deon en Pieter het saam met ons getoer. Ek het self saam met Wylie gespeel en jy kan nie daardie soort ervaring koop nie. Daar word na hom as regtervleuel gekyk,” het Erasmus gesê.

“By die losvoorspelers is die logiese ding om te doen om vir Robbie Diack op agtsteman in te span, en vir Luke Watson op flank te speel.”

Erasmus het ondanks die slegte nuus oor sy groeiende krukkelys die Super14 as ’n “lekker uitdaging” beskryf.

“Vir my is vanjaar se Super14 ’n ongelooflike goeie uitdaging. Verlede jaar se Super14 was ’n bietjie verwater met 22 All Blacks wat nie vir die eerste sewe rondes beskikbaar was nie,” het hy gesê.

Die goeie nuus vir die Stormers gister was dat die Nieu-Seelandse losskakel Tony Brown fiks verklaar is.

Hy het sy ribbes beseer in die naweek se oorwinning van 26-16 oor die Highlanders op Nuweland.

Brown se werklading sal egter vandeesweek saam met die van die ander losskakel in die groep, Peter Grant, bestuur word. “Tony se ribbes is reg, maar hy het ook ’n liesbesering wat ons moet bestuur. Hy behoort reg te wees,” het Erasmus gesê.

Met albei spanne wat nog vir ’n halfeindronde kan kwalifiseer, beloof Saterdag se stryd op Nuweland om ’n titaniese een te wees.

Die Brumbies is slegs drie punte en een posisie agter die Stormers op die puntelys. Indien die Stormers wen, sal dit die einde van die Brumbies se ambisies in vanjaar se Super14 wees.

“Jy hoef net na die name in hul geledere te kyk om te besef dit gaan moeilik wees. . . George Smith, Mark Gerrard, Stirling Mortlock, Mark Chisholm. Hulle is op ons hakke en het nog ’n kans. Die spelers is realisties en weet dit gaan ’n harde week wees,” het Erasmus gesê.

Bonuspunte is belangrik gegewe die huidige situasie, maar Erasmus voel die Stormers moet eers die oorwinning beklink. “As jy dink aan ’n vierde drie alvorens jy één gedruk het, gaan jy in die moeilikheid beland,” het hy gesê.

“Ons behoort daar te wees as ons al drie ons oorblywende wedstryde wen.”

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |