Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Floors se toekoms by Cheetahs ‘hang van breier af’
29/04/2008 11:00:09 AM - (SA)

BLOEMFONTEIN. – Die Springbok-flank Kabamba Floors wil steeds vir die Cheetahs speel, maar glo dit hang van die Cheetah-breier af of hy weer in die wit trui te sien sal wees.

Floors (27), wie se kontrak hom nog minstens tot die einde van die jaar hier sal hou, is tans by die Springbok-sewesrugbygroep se oefenkamp in Stellenbosch nadat hy vir die laaste twee toernooie in vanjaar se sewesreeks van die Internasionale Rugbyraad in Brittanje betrek is.

Hy het verlede week na die oefenkamp vertrek waar dit aan die lig gekom het dat hy ontevrede is oor die min speelkans wat hy vir die Cheetah-streekspan in die Super 14-reeks kry.

Nadat hy sy ontevredenheid in ’n onderhoud met Die Burger te kenne gegee het, het die Cheetah-afrigter, Naka Drotské, gereageer deur te noem hoe Floors se persoonlike probleme en beserings dit moeilik gemaak het om dié speler weekliks by die Cheetahs se 22-tal te betrek.

Floors het gister uit Stellenbosch gesê hy het nog nie weer met Drotské gepraat nie.

“Natuurlik wil ek nog vir die Cheetahs speel, enigiemand sal wil. Maar dit hang van die afrigter af.

“Ek was net eerlik oor hoe ek gevoel het,” het Floors oor die vroeëre onderhoud met Die Burger gesê.

Drotské het ook Saterdag in ’n nuuskonferensie ná sy span se nederlaag teen die Hurricanes in Kimberley gesê hy beskou Floors steeds as ’n goeie speler wat hy sal kies as hy besluit om die Cheetahs voortaan met oorgawe te verteenwoordig.

Oor Floors se gehalte bestaan daar min twyfel en indien hy ten volle toegewyd is, kan hy ’n sleutelrol in die Vrystaatse Curriebeker-span hê.

Die Vrystaat beskik nietemin oor verskeie goeie losvoorspelers en Floors sal sonder twyfel met tye weer met sy rol as impakspeler moet tevrede wees as hy terugkeer.

Wanneer die jagseisoen vir spelers ná die Super 14-reeks aanbreek, sal Floors se toekoms gewis ter sprake kom en sy erkenning van sy ontevredenheid kan moontlik ander unies aanspoor om hul visier op dié opwindende speler in te stel.

Juan Smith, Duanne Vermeulen en Heinrich Brüssow was vanjaar die eerstekeuse-lostrio vir die Cheetahs.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |