Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Big Joe terug op agtsteman
29/04/2008 10:59:46 AM - (SA)

JOHANNESBURG. – Willem Alberts se Australiese rugbytoer is ook verby.

Dié agtsteman van die Lions sal nie Saterdagoggend in Wellington teen die Hurricanes speel nie nadat hy Vrydag in die wedstryd in Canberra teen die Brumbies ’n nekbesering opgedoen het.

Dis die laaste van die Lions se vyf wedstryde op die toer waarvan hulle die eerste vier verloor het.

“Daar is X-straalfoto’s van die nek geneem. Hy het ook ’n skandering ondergaan toe hy die nag vir waarneming in die hospitaal deurgebring het.

“Ons mediese span stem egter nie saam met die bevindings wat in Australië oor Willem se besering uitgespreek is nie. Daarom sal ek hom nie vir die wedstryd teen die Hurricanes oorweeg nie. Sy gesondheid is belangriker,” het Eugene Eloff, afrigter van die Lions, gister uit Wellington, waar die wind waai, dit reën en koud is, gesê.

Die Springbok-losvoorspeler Joe van Niekerk sal die agtsteman teen die Hurricanes wees. Die veelsydige Franco van der Merwe sal die nommersewe-trui by Van Niekerk oorneem.

Volgens Eloff behoort die slot Gerhard Mostert reg te wees.

Hy het die veld teen die Brumbies vroeg in die wedstryd weens ’n skouer- en bo-armbesering verlaat. Die X-straalfoto’s wat geneem is, het geen ernstige skade aangedui nie.

Louis Ludik, wat steke in sy mond het, sal ’n ruskans teen die Hurricanes kry. Die heelagter/vleuel het in die laaste paar wedstryde kwaai stampe en stote gekry deur sy lyf op die verdediging op die spel te plaas.

Alles dui ook daarop dat die linkervleuel, Ryno Benjamin, die trekpas teen die Hurricanes gaan kry. Benjamin was tot dusver soos die spreekwoordelike kat met nege lewens, want hy het ten spyte van die een flater ná die ander elke keer sy plek behou.

Eloff sal die dienste van die Bok-buitesenter Jaque Fourie hê vir die laaste twee Super14-wedstryde op Ellispark teen die Chiefs en die Stormers.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |