Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Seer skouer kry Grant nie onder teen Highlanders
28/04/2008 11:18:36 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Die atmosfeer by die nuuskonferensie was meer gepas vir ’n begrafnis as ’n span wat sy sesde wedstryd uit die laaste sewe gewen het, maar miskien stel dit juis die era van Rassie Erasmus se afrigting by die Stormers in perspektief.

Sy span het die Highlanders Saterdag ná ’n moeilike eerste helfte met 26-16 in ’n Super14-rugbywedstryd verslaan.

Die Stormers kon egter nie ’n bonuspunt vir vier drieë insamel nie en het in die proses die puik flank Schalk Burger weens ’n besering vir die res van hul veldtog verloor.

Erasmus het sy lot oor Burger sonder ’n gekerm aanvaar, maar dit sal moeilik wees om die gaping toe te stop.

“Pieter Myburgh kan hom moontlik (as plaasvervanger) by ons aansluit,” het Erasmus gesê.

Die Stormers sal vandag ook hoor hoe ernstig die besering aan die losskakel Tony Brown se ribbes is. Hy sal vandag vir ’n skandering gaan.

Brown het in die eerste helfte drie strafdoele oorgeklits voordat hy deur Peter Grant vervang is. Grant het tydens die wedstryd sy skouer beseer, maar deur die pyngrens gespeel.

Albei losskakels kan vandeesweek fiks wees.

Conrad Jantjes en Joe Pietersen kan in ’n noodsituasie op losskakel diens doen. Isma-eel Dollie kan ook uit die Vodacombeker-span nadergetrek word, hoewel hy agter die ander kandidate in die ry blyk te wees.

Erasmus het erken hy het ’n paar moeilike besluite om te neem voor Saterdag se wedstryd teen die Brumbies op Nuweland.

“Ons kan moontlik met Brian Mujati op loskopstut begin. Die beserings kan ’n rol in ons besluite speel,” het hy gesê.

Erasmus was tevrede met die vertoning teen die Highlanders.

“Ons het in die tweede helfte goed vir veldgebied gespeel, en die bal goed behou. Daar was nie ’n gebrek aan entoesiasme, passie of deursettingsvermoë nie. Ons was dalk nie klinies genoeg nie,” het hy gesê.

“Daar was ouens wat werklik speelkans benodig het. Niemand het gedink dinge sou in die eerste helfte seepglad verloop nie.”

Die Stormers se kaptein, Jean de Villiers, het ook die saak in perspektief gestel.

“Verlede jaar sou ons eenvoudig met ’n oorwinning tevrede gewees het. Nou is ons ongelukkig dat ons nie die bonuspunt gekry het nie. Ons is op die regte pad.”

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |