Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Vrot Cheetahs moet nie simpatie verwag
28/04/2008 11:18:33 AM - (SA)

BLOEMFONTEIN. – Die Cheetahs is sonder twyfel vanjaar deur die ongeluk gery, maar wat Saterdag op Absapark in Kimberley gebeur het, sal nie sommer vir hulle simpatie verdien nie.

Die Hurricanes het ’n Cheetah-span wat maklik hul swakste vertoning van die seisoen gelewer het, met 38-10 geklop.

Die Vrystaatse span sal weens die nederlaag waarskynlik nie sommer vanjaar van die onderkant van die Super 14-punteleer wegkom nie.

Dit sal in elk geval nie gebeur as Saterdag se vertoning herhaal word nie, want só sal die Cheetahs nie een van hul laaste drie teenstanders klop nie.

Selfs Naka Drotské, die Cheetah-breier, het agterna erken dat dié nederlaag meer teleurstellend was as die vorige verloorslae.

“Ons het vanjaar heelwat simpatie van die publiek gekry (weens die naelskraapse nederlae).

“Maar vandag (Saterdag) het ons nie opgedaag nie en ons was veral in die eerste helfte vas aan die slaap,” het hy ná die wedstryd gesê.

Drotské was veral teleurgesteld aangesien hy glo die Cheetahs kon die Hurricanes, te oordeel na laasgenoemde se spel op die dag, wel klop.

“Maar by die afbreekpunte was ons baie swak en ons ouens (baldraers) het gereeld geïsoleerd geraak – dit wys ons reaksietyd was net nie reg nie. Ons was nie aangeskakel nie,” het hy gesê.

Buiten die afbreekpunte is die Cheetahs ook telkens deur oordeelkundige steekskoppies van die Hurricanes geteister, terwyl ander basiese afdelings soos lakwerk en soms lynstaan- en skrumwerk nie op peil was nie.

Boonop het die Cheetahs by verskeie geleenthede kanse geskep om drieë te druk, maar kon hulle nie afrond nie.

Hul ondersteunende spel was byna die grootste teleurstelling, veral by sowat drie geleenthede waar Meyer Bosman (senter) die besoekers se verdedigingslyn gebreek het.

Bosman, wat saam met Adriaan Strauss (haker) die ywerigste Cheetah-spelers in ’n lui span was, moes telkens omtrent twee of drie keer rondkyk om ’n ondersteunende spanmaat te gewaar.

“Slegs toe Conrad Barnard die lyn gebreek het, kon ons dit afrond (met Jongi Nokwe se drie). Die ander kere kon ons nie – ek weet nie wat dit is nie, maar ons was nie aangeskakel daarvoor nie,” het Hawies Fourie, agterlyn-afrigter, agterna gesê.

Puntemakers: HURICANES 38 (21) Drieë: Jason Eaton, Rodney So’oialo, Ma’a Nonu, Zac Guildford, Cory Jane, Scott Waldrom. Doelskoppe: Piri Weepu (3), Willie Ripia; CHEETAHS10 (10) Drie: Jongi Nokwe. Doelskop: Conrad Barnard. Strafdoel: Barnard.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |