Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Bulls kan Stormers help
28/04/2008 11:18:32 AM - (SA)

PRETORIA. – Die rugbyspan van die Bulls kan ondanks sy 11de plek op die Super14-puntelys steeds ’n belangrike Suid-Afrikaanse rolspeler in die oorblywende deel van die seisoen wees.

Die Bulls speel Saterdagmiddag op Loftus Versfeld teen die Waratahs, wat ná hul oorwinning (25-10) oor die Sharks eergister in Sydney tot die tweede plek op die puntelys opgeskuif het.

Dit het die Sharks na die derde plek laat afskuif (32), terwyl die Stormers ná 10 wedstryde sesde is met 31 punte.

Beide die Sharks en Stormers sal dus duim vashou dat die Bulls die Waratahs in hul spore stuit. Dit gebeur selde dat die land agter die Bulls verenig is, want dis gewoonlik hulle teen die res van Suid-Afrika.

Die Bulls sal hul vertoning teen die Highlanders as grondslag vir die potensiële wenresep teen die Waratahs wil gebruik. Dit was die Bulls se beste vertoning van die seisoen.

Die feit dat die Stormers nie eergister op Nuweland ’n voltal teen die Highlanders behaal het nie, gee soveel meer perspektief aan die Bulls se wegholsege oor dieselfde teenstanders.

Die Bulls het verlede week ’n blaaskans gekry en die afrigter, Frans Ludeke, sal eers vanoggend weet watter spelers hul beserings heeltemal afgeskud het.

Tussen hulle is die skrumskakels Fourie du Preez en Heini Adams. Du Preez het weens ’n handbesering nie teen die Highlanders gespeel nie en Adams is vroeg in dié wedstryd met ’n beenbesering van die veld af.

As Du Preez beskikbaar is, behoort hy die kapteinskap by Wikus van Heerden oor te neem, maar Ludeke kan langtand wees om verder aan die beginspan te verander.

Hoewel hy reeds voor die wedstryd teen die Highlanders aangedui het dat hy meer aggressief van die rotasie-stelsel gebruik sal maak, staan die Bulls se afrigter ook momentum en deurlopendheid sterk voor.

Die grootste tameletjie waaraan Ludeke moet herkou, is wat om met Bakkies Botha te doen. Dié Springbokslot het die Blou Bulle Maatskappy (BBM) voor die arbeidshof gedaag, wat Ludeke sal laat wonder tot watter mate hy nog op Botha kan staatmaak.

As dit nie vir die toevalligheid daarvan was nie, sou geen haan daarna gekraai het as Ludeke die rotasiestelsel gebruik het om aan Botha ’n “ruskans” te gee nie. Die geding tussen Botha en die BBM begin Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg en enige “optrede” teen hom kan as kwaadwillig vertolk word.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |