Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Super14
Chiefs skuif op ná goeie sege oor Reds
28/04/2008 11:18:35 AM - (SA)

HAMILTON. – Die Chiefs het onder die voorste vier spanne in die Super14-rugbyreeks opgeskuif ná hul sege met 32-20 Saterdag hier oor die Reds.

Die Chiefs het hul vierde drie laat in die wedstryd gedruk om ’n voltal van vyf ligapunte te verseker. Dit was hulle vyfde sege agtereenvolgens in dié reeks.

Die Chiefs, wat die Crusaders op verrassende wyse in hul vorige wedstryd geklop het, het vol vertroue teen die Reds begin en was reeds met 24-3 voor met die rustyd.

Die Reds het die gaping vernou (24-20) in die tweede helfte voordat die tuisspan die storm afgeweer het om die wedstryd te beklink.

Die losskakel Stephen Donald was weer die Chiefs se generaal. Hy het vroeër gesukkel in die reeks, maar handhaaf nou die beste peil van al die losskakels in Nieu-Seeland.

Hy het ’n drie gedruk en met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag vir ’n bydrae van 17 punte.

Puntemakers: CHIEFS 32 (24) - Drieë: Leila Masaga (2), Stephen Donald, Sione Laukaki. Doelskoppe: Donald (3). Strafdoele: Donald (2); REDS 20 (3) - Drieë: Morgan Tuirinui (2), Digby Ioane. Doelskop: Clinton Schifcofske. Skepdoel: Berick Barnes .

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |