Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
Drostdy, Hugenote verras by Boland-skolerugby
13/05/2008 01:10:08 PM - (SA)

DIE HTS DROSTDY se o.19A-rugbyspan het Saterdag in sy derby-wedstryd teen die HS Worcester Gim oor te veel skietgoed vir die teenstanders beskik en maklik met 19-6 gewen. Drostdy se voorhoede was sake grootliks beheer; gevolglik het die tuisspan verreweg die meeste aanvalswerk gedoen.

Dieselfde was die geval op Wellington, waar die Hugenote-HS in alle afdelings van die spel die botoon gevoer en Durbanville deur middel van uitstekende ondersteunende spel deurmekaargehardloop het. Die tuisspan het agt keer agter die Durbies se doellyn gaan draai om maklik met 55-5 te seëvier.

’n Taamlik verswakte HS Hermanus was geensins opgewasse teen die HS Montagu nie. Montagu het deur middel van veel beter afronding geen moeite ondervind om die besoekers met 27-0 baas te raak nie.

Schoonspruit het in die Paarl onverwags maklik met 17-3 met New Orleans afgereken. Die HS Swartland op Malmesbury het met baie beter gebruikmaking van die wind die HS Jan van Riebeeck ’n loesing van 47-3 toegedien.

Die puntemakers:

HTS Drostdy (12) 19, Worcester Gim (6) 6: DROSTDY – Drieë: Dean Swart (vleuel, 2), Dries Millard (slot). Doelskoppe: Rouvan Appel (heelagter, 2). WORCESTER GIM – Strafdoele: Morné Hugo (losskakel, 2).

Hugenote (31) 55, Durbanville (0) 5: HUGENOTE – Drieë: Louw Heunis (losskakel, 2), Frederick Muller (skrumskakel, 2), Vincent Koh (stut, 2), Heyns Mouton (flank), Wikus Theart (vleuel). Doelskoppe: Heunis (6). Strafdoel: Heunis. DURBANVILLE – Drie: Jaco Thiart (agtsteman).

Montagu (15) 27, Hermanus 0: MONTAGU – Drieë: Barno Jaftha (vleuel), Marvin Fluks (haker), Bradley Opperman, Warren Swanepoel (senters). Doelskoppe: Jaftha (2). Strafdoel: Jaftha.

New Orleans (3) 3, Schoonspruit (5) 17: SCHOONSPRUIT – Drieë: Chrislyn van Schalkwyk, Devondré Potberg (vleuels), Llewellyn Swarts (senter). Doelskop: Dashton Wellman (skrumskakel). NEW ORLEANS – Strafdoel: Clayton Blommetjies (senter).

Swartland (14) 47, Jan van Riebeeck (3) 3: SWARTLAND – Drieë: Jaco Pieterse (heelagter, 2), Llewellyn Lloyd (losskakel, 3), Michael Smit (senter), Martin Ras (slot). Doelskoppe: Lloyd (6). JAN VAN RIEBEECK – Strafdoel: Mark Windering (skrumskakel).

Montana (19) 36, De Villiers Graaff 0: MONTANA – Drieë: Ambrose Steyn (losskakel, 2), Ruan Botha (agtsteman, 2), Peter Verhoog (senter), Pieter Lucas (vleuel). Doelskoppe: Steyn (3).

Napier (8) 13, Albert Myburgh (17) 27: ALBERT MYBURGH – Drieë: Eugene Spandiel (haker, 2), Bernard Benado (vleuel), Garth Philander (senter), Arthur Diedericks (flank). Doelskop: Quinton Esau (senter). NAPIER – Drieë: Andrew Moses (vleuel), Gerald Lakay (skrumskakel). Skepdoel: Remi Engel (losskakel).

Montana (26) 36, De Kruine 0: MONTANA – Drieë: Ruan Botha (agtsteman, 2), Pieter Lucas (vleuel, 2), Peter Verhoog (senter), Ambrose Steyn (losskakel). Doelskoppe: Steyn (3).

Bonnievale (8) 29, Napier (14) 14: BONNIEVALE – Drieë: Philip van der Merwe (flank, 2), Jacobus Schrader (senter), Andy Spogter (heelagter). Doelskoppe: Celton Reiners (losskakel, 3). Strafdoel: Reiners. NAPIER – puntemakers onbekend.

Hopefield (19) 26, Velddrif (14) 14: HOPEFIELD – Drieë: Wade Barton (vleuel, 2), Albert Meissenheimer (haker), Heinro Swiegers (senter). Doelskoppe: Ricky Lamb (skrumskakel, 3). VELDDRIF – puntemakers onbekend.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |