|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Skole
Sportfees by HS Paarl Gimnasium
28/04/2008 11:46:55 AM - (SA)
PAARL GIMNASIUM se eerste rugbyspan het Saterdag die sportfees tydens dié skool se 150-jarige feesvieringe op ’n hoë noot ingelei deur die gevierde Afrikaans Hoër Seunskool van Pretoria ’n deeglike pak slae van 21-3 toe te dien.
Die ander Wes-Kaapse o.19-spanne het ook lustig meegedoen aan die verjaardagvieringe – al het Outeniqua teen HJS Paarl vasgeval. Hierdie twee spanne het mekaar goed opgekeil, maar uiteindelik was die Paarliete se vyf drieë teenoor die een drie van die George-span genoegsame bewys dat HJS Paarl sy oorwinning van 27-16 verdien het.
Paarl Gimnasium het in sy kragmeting teen die Pretoriane alle afdelings oordonder en verreweg die meeste aanvalswerk gedoen. Daarby het die gasheerspan met uitstekende skrumwerk vorendag gekom en in die verdediging die besoekers weinig beweegruimte gelaat.
Dit was ook goeie skrumwerk wat die weg gebaan het vir die Hoër Landbouskool Boland se naelskraapse oorwinning van 17-15 oor die HTS Daniel Pienaar van Uitenhage. Paul Roos Gimnasium se ondernemende spel het hom met 23-10 laat afreken met Framesby (PE) wie se hanteerwerk hom in die steek gelaat het.
Die Landbouskool Oakdale het met groter planmatigheid en knap verdediging die jong span van Duineveld (Upington) met 36-12 geklop, terwyl die HS Pionier (Vryheid) sy puntekanse beter benut het om Diamantveld (Kimberley) met 20-8 te klop.
’n Erg verswakte HSS Glenwood (Durban) kon nie kers vashou by die HS Windhoek nie en het ’n loesing van 52-18 gekry. ’n ENB-vyftiental (spelers van die skole New Orleans en Klein-Nederburg) het danksy beter afronding die span van die Natal-rugbyakademie met 14-7 geklop.
Die puntemakers:
HS Paarl Gimnasium (14) 21, Afrikaans Seuns Hoër (Pretoria) 3 (3): PAARL GIM – Drieë: Petrus Theart, Jacquin Rogers (flanke), JR Esterhuizen (vleuel). Doelskoppe: JH Potgieter (losskakel, 3). AFRIKAANS SEUNS HOËR – Strafdoel: Willie du Plessis (losskakel).
HJS Paarl (10) 27, HS Outeniqua (10) 16: HJSP – Drieë: Johan Wilken (vleuel, 2), Kyle Strydom (agtsteman, 2), Burger Kraemer (flank). Doelskop: Wilhelm van der Sluys (slot). OUTENIQUA – Drie: Marcel Groenewald (agtsteman). Doelskop: Renier de Villiers (heelagter). Strafdoele: De Villiers (3).
Landbouskool Boland (17) 17, HS Daniël Pienaar (Uitenhage) (7) 15: LANDBOUSKOOL – Drieë: Heinrich Steyl (heelagter), Rossouw Kruger (stut). Doelskoppe: Edgar van Wyk (losskakel, 2). Strafdoel: Van Wyk. DANIEL PIENAAR – Drieë: Louis Kruger (heelagter), Johan Louwrens (vleuel). Doelskop: Kruger. Strafdoel: Kruger.
Paul Roos (17) 23, Framesby (PE) (5) 10: PAUL ROOS – Drieë: Dudley de Reuck, Thythan Adams (vleuels). Doelskoppe: Brad Coetzer (senter, 2). Strafdoele: Coetzer (3). FRAMESBY – Drieë: Wihan Reyneke (haker), Wynand Pretorius (vleuel).
Landbouskool Oakdale (26) 36, Duineveld (0) 12: OAKDALE – Drieë: CJ Stander (agsteman, 2), Sias Grundlingh (senter), Henk Fourie (heelagter), Nico de Wet, Rudi Leicher (vleuels). Doelskoppe: Fourie (3). DUINEVELD – Drieë: Johan Myburgh, Dolf du Plessis (vleuels). Doelskop: Myburgh.
HS Pionier (Vryheid) (3) 20, Diamantveld (3) 8: PIONIER – Drieë: Thinus du Plessis (vleuel), Armandt Koster (slot). Doelskoppe: Francois Scheepers (losskakel, 2). Strafdoele: Scheepers (2). DIAMANTVELD – Drie: Gideon Hodgson (heelagter). Strafdoel: Wilhelm Bester (losskakel).
HS Windhoek (28) 52, HSS Glenwood (Durban) (6) 18: WINDHOEK – Drieë: Hendrik Marx (heelagter, 2), Wiann Mans (skrumskakel), Rezando Botes (agtsteman), Jaco Wiese (flank), Herman Maritz (vleuel), William Jacobs, Johan Deysel (senters). Doelskoppe: Marx (5), Deysel. GLENWOOD – Drieë: Maizi Ncongo (senter), Declan Braithwaite (skrumskakel). Doelskop: Matt Richardson (losskakel). Strafdoele: Richardson (2).
ENB-uitnodigingspan (7) 14, Natal Rugbyakademie (0) 7: ENB-XV – Drieë: Ryan Jordaan (senter), Alvin Palmer (skrumskakel). Doelskoppe: Randall Geldenhuys (losskakel), Clayton Blommetjies (senter). NATAL AKADEMIE – Drie: Thabani Cele (senter). Doelskop: Musawenkosi Mpungose (senter).
. Die uitslae van die o.19A-hokkiewedstryde tydens die Paarl Gim-sportfees is: MEISIES: Paarl Gim 4, Union High (Graaff-Reinet) 1; HS Windhoek 1, Framesby (PE) 1; HMS Paarl 3, Diamantveld 0; Bloemhof 2, Outeniqua 1; Paarl Gim 5, Framesby 0; HMS Paarl 4, Outeniqua 1; Bloemhof 1, Diamantveld 0; Union High 2, Windhoek 2. SEUNS: Outeniqua 3, HJS Paarl 0; Paarl Gim 1, Framesby 1; Windhoek 3, Afrikaans Seuns Hoër 3; Diamantveld 1, Bridgehouse 0; HJS Paarl 5, Framesby 0; Paarl Gim 5, Windhoek 0; Afrikaans Seuns Hoër 4, Diamantveld 0.
. Die uitslae van die o.19A-netbalwedstryde is: Brackenfell 24, Framesby 19; Diamantveld 23, Bloemhof 13; Outeniqua 30, Porterville 16; La Rochelle 17, Windhoek 16; Paarl Gim 34, Brackenfell 21; Bloemhof 24, HMS Paarl 18; Diamantveld 22, Porterville 19; Framesby 25, Windhoek 5; Paarl Gim 40, La Rochelle 6; Outeniqua 33, HMS Paarl 14; Bloemhof 20, Porterville 15; Brackenfell 45, Windhoek 9; Framesby 22, La Rochelle 4; Diamantveld 18, Outeniqua 17; HMS Paarl 22, Porterville 21; Paarl 35, Windhoek 7; Brackenfell 31, La Rochelle 9; Outeniqua 29, Bloemhof 10; Diamantveld 23, HMS Paarl 7; Paarl Gim 22, Framesby 11.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |