|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Skole
Goeie seges vir Paul Roos in hokkie
28/04/2008 11:46:53 AM - (SA)
DIE HS Paul Roos se o.19-hokkiespan het die seisoen met twee goeie seges ingelei. Die Stellenbossers het die Nieu-Seelandse span van Palmerston North met 4-0 afgeransel en die HS Paarl Gimnasium met 3-1 uitoorlê.
Milnerton het verras deur Fairmont, sover bekend, vir die eerste maal nóg, te klop. Die HHS Rondebosch (6) was té sterk vir HS Stellenberg (1), terwyl HS DF Malan (3) naelskraap met Westerford (2) afgereken het.
UITSLAE: SEUNS
BOLAND
Paul Roos (0) 4 k, Palmerston North (Nieu-Seeland) (0) 0: Nadat die hoog aangeskrewe Nieu-Seelandse toerspan aanvanklik kwaai druk op die Stellenbossers uitgeoefen het, het die tuisspan ná rustyd die hef in die hande gehad en vier puik doele aangeteken om die wedstryd oortuigend te wen.
Bredasdorp (1) 3 k, Charlie Hofmeyr (0) 0.
ANDER UITSLAE: o.16: A: Bred 2, CH 2; B: Bred 2, CH 2.
Paul Roos 3 k, Paarl Gimnasium 1: ’n Doel vir Paul Roos deur Zach Titus het die tuisspan teen rustyd met 1-0 laat voorloop. In die tweede helfte het Paul Roos die oorhand gekry en het doele deur Titus en Danny Fernandes die Paarliete se lot verseël.
WESTELIKE PROVINSIE
Fairmont (0) 0 v Milnerton (0) 1: Hoewel Fairmont spel die grootste deel van die wedstryd oorheers het, het swak afronding verhoed dat die telbord aan die gang kom. Kort voor die eindfluitjie het Milnerton se kaptein, Lyle van Niekerk, sy span vir die eerste keer nóg ’n sege oor Fairmont besorg.
ANDER UITSLAE: o.19: Fmt 3, Mil 0. o.16: A: Fmt 0, Mil 0; B: Fmt 1, M. Park A 5. o.14: A: Fmt 6, Mil 0.
HSS Rondebosch (4) 6, HS Stellenberg (0) 1: Doele vir Rondebosch deur Sven Christiansen, Warren McEwan (2), Peter Schwellnus, Jonathan Cox en Lloyd Tanner het bygedra tot hul span se oortuigende sege teen Stellenberg
ANDER UITSLAE: o.16: A: RBHS 5, Stb 0; B: RBHS 17, Langa 0; E: RBHS 13, W’ford C 0. o.14: A: RBHS 2, Stb 1; B: RBHS 0, Langa A 0; C: RBHS 2, Stb B 0.
Fairmont (1) 2 k, Table View (0) 0: Nadeem Adam en Carl Preller het vir Fairmont Table View se doelhok opgesoek. Net uitstekende doelwagterwerk deur Table View se Enrico Coetzee het die telling in toom gehou.
ANDER UITSLAE: o.16: Fmt A 5, TV 1; o.14: A: Fmt 7, TV 0.
DF Malan 3 (Christie Myburgh, Wimpie van Lill en Charl Fourie) k Westerford 2.
ANDER UITSLAE: o.18: A: DFM 2, West 0. o.16: DFM 1, West 0; B: DFM 0, West 2; C: DFM 1, West 0. o.14: A: DFM 4, West 0.
Tygerberg 1 (C. Daneel) v Wynberg Hoër Seuns (1) 4 (D. Topass (2), B. Pavelli en C. Botha).
o.19B: 1, WBHS 1.
UITSLAE: MEISIES
BOLAND
Bredasdorp (0) 0 v Charlie Hofmeyr (4) 6: Doele vir die wenspan is deur M. Muller en M. le Roux (5) behaal.
ANDER UITSLAE: o.18B: Bred 0, CH 5; o.16A: Bred 0, CH 5.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |