Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
WP- en Boland-rugbyspanne sorg vir blink vertonings
28/04/2008 11:46:54 AM - (SA)

DIE HS Brackenfell se o.19A-rugbyspan het ’n oortuigende sege van 43-7 oor die HS Durbanville behaal in een van die enkele Premierliga-wedstryde wat verlede week in die WP afgehandel is.

Durbanville het voorlangs sy man gestaan, maar dit was ’n blink vertoning deur die Brakke se agterlyn wat hulle in staat gestel het om ses keer agter die besoekers se doellyn te gaan draai.

Die HS De Kuilen, ’n betreklike nuweling in die Premierliga, het byna verras in sy wedstryd teen die HS Stellenberg. Die Stellies het met 11-10 deurgeskraap. Teen rustyd was die telling 7-7.

Die puntemakers:

Brackenfell (26), 43, Durbanville (7) 7: BRACKENFELL – Drieë: Dane Paterson (vleuel, 3), Courtnal Skosan (vleuel, 2), Arthur Botha (agtsteman). Doelskoppe: Paterson (5). DURBANVILLE – Drie: JD Geduld (senter). Doelskop: Geduld.

DF Malan (7) 7, Tygerberg (0) 7: DF MALAN – Drie: André Voigt (senter). Doelskop: Jurie-Hendrik Gouws (losskakel). TYGERBERG – Drie: Firman Bock (vleuel). Doelskop: Swys van Stade (heelagter).

De Kuilen (3) 10, Stellenberg (5) 11: STELLENBERG – Drie: Carlo van Wyk (vleuel). Strafdoele: Ryan Bartus (senter, 2). DE KUILEN – Drie: Estian Crafford (vleuel). Doelskop: Morné Keyter (losskakel). Strafdoel: Keyter.

President (0) 13, Monumentpark (7) 10: PRESIDENT – Drieë: Junaid Abrahams (haker), Eugene Lloyd (agtsteman). Strafdoel: Steven Jones (losskakel). MONUMENTPARK – Drie: Jeandré du Preez (stut). Doelskop: Hagan Mumba (losskakel). Strafdoel: Mumba.

Scottsville (30) 50, Bernadino Heights (3) 3: SCOTTSVILLE – Drieë: Arnold Samuels (vleuel, 3), Francois Williams (senter), Samwell Labana (losskakel), Curswell Frazenberg (slot), Denver Simon (flank). Doelskoppe: Labana (6). Strafdoel: Labana. BERNADINO HEIGHTS – Strafdoel: Lee-Eustice Beukes (losskakel).

Scottsdene (15) 34, Bellville-Suid (0) 15: SCOTTSDENE – Drieë: John-Lee Titus (losskakel, 2), Steven Julies (vleuel, 2), Heinrich Arendse (senter), Logan Solomons (heelagter). Doelskoppe: Titus, Solomons. BELLVILLE-SUID – Drieë: Sergio Torrens (senter), Justin Jarvis (stut). Doelskop: Anthian Koopman (losskakel). Strafdoel: Koopman.

BOLAND

Die HS Bredasdorp het ’n verrassende groot oorwinning oor die Overberg behaal in die jongste reeks o.19A-rugbywedstryde die afgelope week in die Boland. Die Heuningbergers het 29 – 7 geseëvier.

Worcester Gimnasium was deurentyd in beheer toe hy Hottentots-Holland met 17-6 geklop het, maar Labori moes alles uithaal om Klein-Nederburg met 20-19 te troef.

Puik verdediging en uithalerspel deur die agterlyn het Bonnievale met 12- 6 met Montagu laat afreken.

Die puntemakers: Worcester Gim (7) 17, Hottentots-Holland (3) 6: WORCESTER GIM – Drieë: Chuma Stefanos (vleuel), SJ van der Walt (haker). Doelskoppe: Morné Hugo (losskakel, 2). Strafdoel: Hugo. HHH – Strafdoele: Lee Adendorff (skrumskakel, 2).

Bredasdorp (7) 29, Overberg (7) 7: BREDASDORP – Drieë: Robin Behr, Luhan van der Westhuizen (vleuels), Ziaan Potgieter (senter), Faizel Africa (haker). Doelskoppe: Jamery Carelse (losskakel, 3). Strafdoel: Potgieter. OVERBERG – Drie: Jevonne Gillian (vleuel). Doelskop: Wilco Fick (losskakel).

Labori (10) 20, Klein-Nederburg (12) 19: LABORI – Drieë: Darryl Heyns (losskakel), André Coetzee (flank). Doelskoppe: Heyns (2). Strafdoele: Heyns (2). KLEIN-NEDERBURG – Drieë: Henrico Visser (vleuel, 2), Wesley Hoofman (vleuel). Doelskoppe: Randall Geldenhuys (heelagter, 2).

Montagu (6) 6, Bonnievale (12) 12: BONNIEVALE _ Drieë: Philip van der Merwe (flank), Anwin September (agtsteman). Doelskop: Celton Reiners (losskakel). MONTAGU – Strafdoele: Barno Jaftha (vleuel, 2).

Schoonspruit (31) 67, Steynville 0: SCHOONSPRUIT – Drieë: Wesley Langeveld (vleuel, 2), Devondré Potberg (vleuel, 2), Aldeno Sass (haker, 2), Adria Jacobs (heelagter), Daine de Kock (stut), Chryslyne van Schalkwyk (pv. vleuel), Angelo van Niekerk (losskakel), Gavern Skippers (senter). Doelskoppe: Easton Wellman (skrumskakel, 6).

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |