Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Ruan Maree en Elzaan Mostert is twee van die belowendste gewigstootatlete wat in jare in die WP gesien isFoto: CARINA ROUX
Ruan Maree en Elzaan Mostert is twee van die belowendste gewigstootatlete wat in jare in die WP gesien isFoto: CARINA ROUX
Skole
Gewigstoters kan nog groot hoogtes bereik
21/04/2008 11:25:59 AM - (SA)

ATLETIEKKENNERS is dit eens: In Elzaan Mostert en Ruan Maree, talentvolle jong atlete van die Bellville-klub, beskik die Kaap oor ’n tweetal jong gewigstoters wat vorentoe nog diep spore in dié nommer op nasionale én internasionale gebied kan trap.

Elzaan, ’n leerling aan die Hoërskool Tygerberg, se gewigstootloopbaan het in 2003 op dreef gekom toe sy, as o.13-atleet, ingesluit is in die WP-span vir die nasionale laerskolebyeenkoms. As hoërskoolatleet het sy elke jaar die skool se rekordboeke in dié nommer oorgeskryf.

Vanjaar het Elzaan op haar prestasies van die voorafgaande jare voortgebou. Verlede maand het sy die WP junior én skoletitel gewen en haar beste afstand (13,38 m) geëwenaar. Sy het dit, weer in Bellville, met ’n goue medalje op die Wes-Kaapse skolebyeenkoms met ’n afstand van 13,24 m, opgevolg. Sy het die seël op ’n baie suksesvolle seisoen geplaas deur die nasionale skoletitel met ’n puik persoonlike beste afstand van 13,46 m op Rustenburg te verower.

In 2006 en 2007 was sy lid van ’n Suid-Afrikaanse span wat aan ’n internasionale byeenkoms in Botswana deelgeneem het. Verlede jaar het sy ook die Suid-Afrikaanse span gehaal wat aan die Wêreld-jeugbyeenkoms in die Tsjeggiese Republiek deelgeneem het.

Ruan, ’n leerling aan die Hoër Jongenskool Paarl, het in 2004 sy WP-kleure as laerskoolatleet verwerf. Verlede jaar het hy sy persoonlike beste afstand van 16,60 m met die 4 kg-gewig behaal.

Vanjaar skryf hy sowel die WP- as die Bolandse skoletitel agter sy naam het hy in Bloemfontein ’n prestasie gelewer wat kenners verstom het. Op die Hoërskool Sentraal se jaarlikse Top-20-byeenkoms het dié gespierde jong kragman losgetrek met ’n wenafstand van 18,10 m. Dit het nie net die byeenkomsrekord oortref nie, maar is ook ’n afstand van wêreldgehalte.

Nadat Ruan ook as Wes-Kaapse s.o.15-kampioen gekroon is, het hy verlede maand die bronsmedalje met ’n afstand van 16,83 m op vanjaar se nasionale hoërskolebyeenkoms in Rustenburg gewen.

Albei dié jong sterre se talente word by die Bellville-klub deur die bekende afrigter Elize Engelbrecht geslyp.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |