Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
HJS Paarl, Bishops speel puik rugby
21/04/2008 11:26:00 AM - (SA)

ONDER 19-SKOLERUGBY in die Westelike Provinsie is steeds springlewendig en gesond, geoordeel aan die spel waarmee die HJS Paarl en Bishops Saterdag in vanjaar se eerste reeks amptelike wedstryde vorendag gekom het.

Dat hierdie wedstryd met 14-14 gelykop geëindig het, is amper bysaak. Veel belangriker is die konstruktiewe, ondernemende spel wat gelewer is. Daarby het albei spanne in die verdediging uitgeblink. ­Bishops, wat ’n besliste gebiedsvoordeel gehad het, sal hom moontlik effens ongelukkig ag dat hy nie die knoop kon deurhak nie.

Swakkerige afronding het die HSS Wynberg duur te staan gekom teen die Landbouskool Boland, wat 9-5 gewen het, terwyl SACS oor gans te veel skietgoed vir Strand beskik het om maklik 22-5 te wen.

Die HSS Rondebosch het Paarl Gimnasium hard laat werk vir ’n oorwinning van 35-12. Halfpad deur die tweede helfte het die spanne nog gelyk getrek, maar die Paarliete se drie drieë in die laaste kwartier het die tuisspan se doppie geklink.

Op die sportdag van die Hoërskool Bellville het die gasheer in die hoofwedstryd deur middel van oorheersing voorlangs en mooi bewegings 27-3 met Hermanus afgereken. Overberg (Caledon) het verras deur Stellenberg 7-3 te klop en Vredenburg het Brackenfell harde bene laat kou voordat die brakke 3-0 gewen het.

Sestien o.19-spanne van oor die hele Suid-Afrika en Namibië trek die komende naweek saam by die 150-jarige feesviering van Paarl Gimnasium. Saterdag en Maandag sal elke dag agt wedstryde op die skool se velde plaasvind.

Onder die besoekende spanne is Afrikaans Seuns Hoër (Pretoria), Glenwood, Pioneer (albei KZN), Diamantveld (Kimberley), HS Windhoek, Framesby (PE), Daniel Pienaar (Uitenhage) en Duineveld (Upington) wat die Wes-Kaapse spanne – Paarl Gim, die HJS Paarl, Paul Roos Gimnasium en die Landbouskool Boland – kom aandurf. Die eerste wedstryd is om 09:00.

Saterdag se puntemakers:

HJS Paarl (5) 14, Bishops (7) 14: HJS PAARL – Drie: Marcel van der Merwe (stut). Strafdoele: Wilhelm van der Sluys (slot, 2). Skepdoel: E. van der Walt (losskakel). BISHOPS – Drieë: M. Loizides (senter), C. Arendse (vleuel). Doelskoppe: T. Cohen (senter, 2).

HSS Wynberg (5) 5, Landbouskool Boland (3) 9: LANDBOUSKOOL – Strafdoele: E. van Wyk (losskakel, 3). WYNBERG – Drie: Ryan Lok (flank).

HSS Rondebosch (0) 12, Paarl Gimnasium (5) 35: PAARL GIM – Drieë: Jaco Pretorius (vleuel, 2), Ruan Smith (stut), Jacquin Rogers (flank), Kyle Wilkenson (heelagter). Doelskoppe: JH Potgieter (losskakel, 2). Strafdoel: Potgieter. Skepdoel: Potgieter. RONDEBOSCH – Drieë: Josh Carew (stut), Christiaan Bester (flank). Doelskop: Tameez Vayej (losskakel).

SACS (10) 22, Strand (0) 5: SACS – Drieë: Mattieu Theron (vleuel), Nicholas Pearson (losskakel), Jean-Luc Kuttel (heelagter). Doelskoppe: Chad Moolman (senter, 2). Strafdoel: Moolman. STRAND – Drie: E. Cassiem.

HS Tygerberg 0, Westlake High (Nieu-Seeland) (6) 9: WESTLAKE – Strafdoele: Chris Winks (senter, 3).

HS Bellville (10) 27, Hermanus (3) 3: BELLVILLE – Drieë: Eduard Roodt, Ruben Healley (vleuels), Daniël Loubser (agsteman, 2), Christie Erasmus (slot). Doelskop: Ruan Hesse (senter). HERMANUS – Strafdoel: Skopper onbekend.

HTS Bellville (0) 23, Jan van Riebeeck 0: HTS BELLVILLE – Drieë: Valentino Nomdoe (vleuel), Emile Gideons (stut). Doelskoppe: Sergio Nortjé (3).

Stellenberg (0) 3, Overberg (0) 7: OVERBERG – Drie: Wilco Fick (losskakel). Doelskop: Fick. STELLENBERG – Strafdoel: Ryan Bartus (senter).

Brackenfell (3) 3, Vredenburg 0: BRACKENFELL – Strafdoel: Dane Paterson.

Fairmont (0) 7, Bosmansdam 0: FAIRMONT – Drie: Muller van Niekerk (senter). Doelskop: Luke Mostert (losskakel).

Durbanville (12) 12, Vishoek (0) 5: DURBANVILLE – Drieë: Wiaan van Niekerk, Jade-Lee Geduld. Doelskop: Geduld. VISHOEK – Driedrukker onbekend.

De Kuilen (7) 14, Monument Park (0) 3: DE KUILEN – Drieë: Estian Crafford (vleuel), Rohan Hyman (senter). Doelskoppe: Morné Keyter (losskakel, 2). MONUMENT PARK – Strafdoel: Hagan Mumba (losskakel).

President (0) 12, The Settlers (5) 5: PRESIDENT – Drieë: Lance Wilken (senter), Junaid Abrahams (haker). Doelskop: Steven Jones (losskakel). THE SETTLERS – Drie: Keun Semaai (vleuel).

Tygerberg-klub (5) 20, Milnerton (24) 36: MILNERTON – Drieë: Damian Delandy (senter, 3), Angeo Macony (senter), Dale Dunn (stut). Doelskoppe: Dale Veldman (losskakel, 3), Kyle Grobler (skrumskakel). Strafdoel: Veldman. TYGERBERG-KLUB – Drieë: Romeo Baardman (senter, 3), Maurice van Wyk (vleuel).

Zwaanswyk (17) 32, Plumstead 0: ZWAANSWYK – Drieë: Corbin Phillie (vleuel, 2), Craig Pheiffer (vleuel), Thurston Lombard, Elrico Blaauw (senters). Doelskoppe: JP Wheeler (losskakel, 2). Strafdoel: Wheeler.

Reddam-kollege (22) 74, Rusthof 0: REDDAM – Drieë: Chris Williams (senter, 3), Reggie Dikki (agsteman, 3), Arnold Pretorius (losskakel), Tyson van Bonde (slot, 2), Jethro Jooste (senter), Bruce Anderson (plaasvervanger-senter). Doelskoppe: Pretorius (8). Strafdoel: Pretorius.

Kampsbaai (3) 3, Parow (0) 3: KAMPSBAAI – Strafdoel: Matthew Suko (senter). PAROW – Strafdoel: Mikael Jacobs (heelagter).

. Uitslae van Reddam-kollege se toer na Argentinië: klop St. George-klub (Buenos Aires) 20-13, verloor t Rosario-klub 0-15, klop Santa Fé-klub 21-17.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |