Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die tennisuitblinkers van die Hoërskool Bellville. Agter: Marzanne Kriek, Tinneke van Zyl en Tanya Mahs. Voor: Soret Nel en Madalé BezuidenhoutFoto: CARINA ROUX
Die tennisuitblinkers van die Hoërskool Bellville. Agter: Marzanne Kriek, Tinneke van Zyl en Tanya Mahs. Voor: Soret Nel en Madalé BezuidenhoutFoto: CARINA ROUX
Skole
Tennisspelers wys hulle hoort in top-liga
21/04/2008 11:26:02 AM - (SA)

DIE eerste meisietennisspan van die Hoërskool Bellville het skitterend gepresteer deur die Westelike Provinsie se premierliga-seisoen onoorwonne af te sluit. Dit was ook die eerste keer dat die skool in die Premierliga speel.

Soret Nel (no. 1) en Madalé Bezuidenhout (no. 2), saam met Marzanne Kriek, Tanya Mahs en Tinneke van Zyl (om die beurt no. 3 en 4) was die spelers wat so puik vir Bellville gespeel het.

Die span het afgereken met hul uitdagers van Reddam House, Herschel, Rustenburg en Stellenberg. 

Hoewel hul kragmetings met Bergvliet, Stellenberg en Rustenburg gelykop geëindig het, was Bellville die wenner omdat sy eerste dubbelpaar hul wedstryde gewen het.

Soret en Madalé was dié seisoen, waartydens hulle nie ’n enkele enkel- óf dubbelspelnederlaag gely het nie, die span se twee groot steunpilare. Albei dié twee blink sterre was saam met Tinneke lede van die Westelike Provinsie verteenwoordigende spanne. Soret word by die Handrie Westman-skool afgerig, terwyl Madalé, Marzanne en Tanya uit Jan van Dyk se stal kom. Soret is ’n lid van haar skool se o.19A-hokkiespan, terwyl Tanya, Madalé en Tinneke ook kranige netbalspelers is.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |