Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
Gholfspeler wil op Europese toer speel
16/04/2008 10:26:29 AM - (SA)

DIE rits prestasies op die gholfbaan van Moniqué Smit (17), lid van die Oubaai-gholfklub op Heroldsbaai, wys dat sy ’n blink toekoms op die gholfbaan het.

Smit het op Fancourt die meisiesafdeling van die Ernie Els-wêreld-junior-uitnodigingstoernooi oortuigend met 11 houe gewen. Sy het ook vanjaar die Suid-Afrikaanse senior span gehaal. Jip-sport het ’n paar vrae gestel:

Waar is jy op skool?

Ek is op Nelspruit gebore en woon tans op Heroldsbaai (naby George), waar ek tuisonderrig ontvang.

Beoefen jy ander sport?

Nee, daar is nie tyd vir nog ’n sportsoort nie, aangesien gholf baie oefening verg.

Hoeveel tyd bestee jy op die gholfbaan?

Ongeveer ses keer per week sowat drie uur per dag.

Wie is jou afrigter, en wat beteken hy vir jou?

My afrigter is Paul MacKenzie van Kaapstad. Sy bydrae wys duidelik in my resultate.

Hoekom dink jy vaar jy goed in gholf?

Ek bly gefokus en beskik oor die regte temperament, konsentrasie en selfdissipline.

Wat is die beste afdeling van jou spel?

Seker maar my dryfhoue.

En spelafdelings waarin jy sal wil verbeter?

My sethoue en kaphoue.

Wat was jou grootste gholfprestasie tot dusver?

Om as wenner van die eerste Ernie Els-wêreld-junior-uitnodigingstoernooi se vroueafdeling gekroon te word.

Wat is jou grootste teleurstelling tot dusver in jou gholfloopbaan?

Om nie die Suid-Afrikaanse span verlede jaar te kon haal nie. Ek was vierde op die ranglys, maar iemand wat 14 de op die ranglys was, is voor my gekies.

Jou gunsteling-baan?

Ek geniet die Durban-buiteklub, want elke hou dáár is ’n nuwe uitdaging.

Wie is jou rolmodelle in gholf?

Annika Sorenstam en Tiger Woods

Hoe lyk jou toekomsplanne?

Eerstens wil ek graad 12 slaag, en daarna wil ek probeer kwalifiseer om op die Europese PGA-vrouetoer te speel.

Hou jy daarvan om mooi aan te trek as jy speel?

Ja, want om netjies te lyk is deel van die spel.

Wat doen jy vir ontspanning?

Ek oefen in die gimnasium en luister ook na musiek.

Het jy enige bygelowe in gholf?

Ja. Ek speel glad nie met ’n gholfbal met ’n nommer drie daarop nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |