Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
Swemmers bring talle medaljes terug
16/04/2008 10:26:07 AM - (SA)

JONG swemmers van die Wes-Kaap het hul klas getoon in die nasionale swemgala wat in Durban plaasgevind het.

In die afdeling vir mans was die twee 17-jariges, Sebastien Rousseau en Heerden Herman, die Kaap se twee blinkste sterre. Rousseau het ’n Afrika-rekord en Olimpiese kwalifiserende tyd in die 200 m-vlinderslag behaal, wat hy in 1:58.03 gewen het.

Herman is as kampioen gekroon in die 800 m-vryslag waarin hy ’n tyd van 8:11.66 aangeteken het. In die 1 500 m-vryslag het hy tweede in 15:17.31 geëindig.

Die Wes-Kapenaar Rousseau Kluever (18) was die naaswenner in die 200 m-vlinderslag.

Ook die 19-jariges Morné Boshoff (derde in 4:30.89 in die 400 m-individuele wisselslag) en James Faure, derde in sowel die 200 m-vlinderslag (2:03.47) as die 800 m-vryslag (8:22.51), het blink vertoon.

In die vrouenommers het Jessica Pengelly (16) en Wendy Trott (18) hul gebruiklike kwota skitter-vertonings gelewer.

Pengelly het met ’n Suid-Afrikaanse rekord en ’n Olimpiese kwalifiserende tyd van 2:16.31 koning gekraai in die 200 m- individuele wisselslag. Ook in die 400 m- individuele wisselslag het sy haar eie Suid-Afrikaanse rekord van 4:41.39 na 4:41.35 laat krimp.

Trott was baas in die 800 m- en 1500 m-vryslag. In die 1500 m het sy ook die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord oortref.

Trott het ook in 4:08.88 ’n tweede plek in die 400 m-vryslag behaal, wat beter is as die Olimpiese kwalifiserende tyd van 4:11.26 en die Afrika-rekord van 4:11.66.

Christy Lategan (17) het ’n derde plek in 2:14.84 in die 200 m-vlinderslag behaal, terwyl die 15-jarige Dominique Dryding in die 1 500 m-vryslag die bronsmedalje verower het. Shannon van Konynenburg (16) was vierde in 1:06.32 in die 100 m-rugslag, met Yolandi van der Merwe (17) ook vierde in 1:13.16 in die 100 m-borsslag.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |