|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Skole
Bishops en HJS Paarl pak mekaar
16/04/2008 10:26:54 AM - (SA)
WANNEER die amptelike skolerugbyseisoen eerskomende Saterdag in die WP begin, sal dit seer seker die o.19A-wedstryd tussen die HJS Paarl en Bishops wees wat die meeste belangstelling sal gaande maak.
Rondebosch, pas terug van ’n suksesvolle toer in Argentinië, kom teen die gedugte Paarl Gimnasium te staan.
Die Paul Roos Gimnasium gaan lê besoek af by die HTS Drostdy op Worcester, terwyl D.F. Malan die gas van die HS Outeniqua op George is.
Die vernaamste o.19A-wedstryde in die WP (tuisspan eerste) is: HJS Paarl t Bishops, HSS Rondebosch t Paarl Gim, HSS Wynberg t Landbouskool Boland, SACS t Strand, Eersterivier/Blue Downs t Parel Vallei, Schotsche Kloof/Walmer-klub t Hamiltons-klub, Tygerberg-klub t Milnerton, Zwaanswyk t Plumstead.
. Die Hoërskool Tygerberg speel Vrydag teen die HS Westlake (Auckland, Nieu-Seeland).
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |