|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Skole
Paarl Gim, Kwaggas skitter op rugbytoernooi
31/03/2008 02:46:32 PM - (SA)
PAARL GIMNASIUM, die HSS Wynberg en HS Outeniqua het al drie skitterend vertoon tydens die jaarlikse St. Stithian’s College-rugbyfees vir o.19-spanne. Dié drie Wes-Kaapse spanne het al drie al hul wedstryde gewen.
Bishops het tydens dieselfde toernooi ewe goed gevaar en net naelskraaps met 16-17 teen Outeniqua verloor, maar die Landbouskool Boland kon in geeneen van sy wedstryde ’n sege behaal nie.
By die St. John’s-toernooi in Johannesburg het HJS Paarl en Paul Roos Gimnasium albei twee van hul drie wedstryde gewen, terwyl SACS ná gemengde welslae op die eerste twee dae van die King Edward-toernooi tot in die doodsnikke van sy wedstryd teen die HS Florida op dag drie nog voorgeloop het, maar toe met 24-23 geklop is.
Die uitslae van die ander Wes-Kaapse spanne op dag drie was: Outeniqua 17, HS Noord-Kaap 13; Landbouskool Boland 15, Hilton College 16; Bishops 36, Parktown Boys’ High 20; Wynberg 27, St. Stithian’s College 18; Paarl Gimnasium 52, St. Alban’s College 5; HJS Paarl 45, HS Linden 24; Paul Roos-gimnasium 40, Maritzburg College 10.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |