Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die o.19A-rugbyspan van Paarl Gimnasium het in sy wedstryd teen Bishops getoon dat hulle weer vanjaar ’n krag in skolerugby gaan weesFoto: FRANCOIS NEL
Die o.19A-rugbyspan van Paarl Gimnasium het in sy wedstryd teen Bishops getoon dat hulle weer vanjaar ’n krag in skolerugby gaan weesFoto: FRANCOIS NEL
Skole
Paarl Gim, SACS toon vroeg belofte
26/03/2008 03:36:12 PM - (SA)

PAARL GIMNASIUM en SACS se o.19A-rugbyspanne sal in die komende seisoen goed dopgehou moet word. Hierdie spanne het met puik spel die kollig gesteel op die WP-hoër­skole-rugbydag wat op Nuweland gehou is.

Paarl Gim is aanvanklik goed in toom gehou deur Bishops sodat die spanne met rustyd nog gelyk getrek het.

Maar die fikser Paarl Gim-span het hul balbesit in die tweede helfte uitstekend benut en met 20–5 gewen (geen skoppe na die pale word toegelaat in hierdie toernooi nie).

Nadat SACS verlede seisoen ’n sterk oplewing getoon het in die WP se o.19-liga, het hulle hierop voortgebou toe die SACS-span vir Bellville HTS met 30–0 verslaan het.

Bellville HTS het glad nie sleg vertoon nie, maar die SACS-span het heeltemal te veel skietgoed vir hul teenstanders gehad.

Paarl HJS en Rondebosch het met 10–10 die louere gedeel, terwyl Brackenfell en DF Malan eweneens goed opgeweeg het en met dieselfde telling gelykop gespeel het.

Die Hoërskool Strand se voorspelers was te sterk vir die Tygerberg-klub, wat nog nie op volle sterkte was nie, en het met 15–10 gewen.

Die driedrukkers was:

HJS Paarl 10, Rondebosch 10: HJSP – Lincoln Hugh (vleuel, 2). Rondebosch – Josh Carew (stut), Chad Matthews (slot).

Paarl Gim 20, Bishops 5. Paarl Gim – Helmut Lehmann (agsteman, 2), Jaco Pretorius (vleuel, 2). Bishops – Chezré Arendse (vleuel).

Sacs 30, Bellville HTS 0. SACS – Chad Moolman (senter, 2), Robert Herring, Dugald Robertson (flanke), Jonathan Deenik (agtsteman), Aaron Jacobs (heelagter).

DF Malan 10, Brackenfell 10. DF Malan - Jacques Rous (heelagter), Nico Brits (vleuel). Brackenfell – Dane Paterson (vleuel), Boeta Kleinhans (stut).

Strand 15, Tygerberg-klub 10. Strand – Darius van Greunen (vleuel, 2), Altus van Dyk (skrumskakel). Tygerberg-klub – Maurice van Wyk (vleuel, 2).

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |