Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skole
Winterskool-inskrywingsvorm
06/03/2008 10:35:43 AM - (SA)

Die Burger in die Klaskamer-winterskool bied ’n topgehalte opknappingskursus vanaf 30 Junie – 4 Julie aan by die Universiteit van Stellenbosch, Lettere Gebou. Die onderrigmedium is Afrikaans. Gr.11’s en 12’s sal goed afgerond word vir die onderskeie eindeksamens.

Vanjaar word die vakke per dag aangebied – m.a.w. jy kan vir ‘n dag, twee dae of die hele week inskryf. Die onderrigtyd is ses uur per dag en klasse sal daagliks om 8:30 begin en om 16:00 eindig. Die volgende leerareas (vakke) en leerinhoude sal (onder meer) aangebied word:

Wiskunde

Gr.11 Eksponente en wortelvorme; oplos van vergelykings; funksies en grafieke; linieêre programmering; trigonometrie; analitiese meetkunde

Gr.12 Logaritmes; getalpatrone; trigonometrie; transformasie meetkunde; funksies en grafieke; differensiaal rekeningkunde en derde graadse polinome

Fisiese Wetenskappe (Natuur-en Skeikunde)

Gr.11 Newton se wette; gravitasiewet en momente; elektrisiteit; gasse en die mol; sure, basisse en redoksreaksies; kapasitors; halfgeleiers en elektrostatika

Gr.12Meganika; meganika en golwe; elektrisiteit; reaksietempo en Le Chatelier; elektrochemie en organies; elektronika

Rekeningkunde

Gr.11 Bankversoening; bateverkope; vennootskappe (met aansuiwerings); klubs; periodieke voorraadstelsel; BTW; bestuursrekeningkunde

Gr.12 Maatskappye: Begrippe; oudit en grootboeke; finansiële state; kontantvloei state; vehoudingsgetalle

Ekonomie

Gr.11 Makro ekonomie: Produksiefaktore; gebruik van goedere en dienste; ekonomiese stelsels en struktuur

Mikro ekonomie: Verhoudings tussen markte; die uitwerking van koste en inkomste op pryse en produksie, elastisiteite

Gr.12 Makro ekonomie: Ekonomiese kringloop, sakesiklusse en vooruitskattings; rol van die openbare sektor, buitelandse sektor en betalingsbalans. Mikro ekonomie: Markte

Lewenswetenskappe (Biologie)

Gr.11 Mikro-organismes; skelet; vervoerstelsels; uitskeiding; koördinasie

Gr.12 Struktuur en funksies van die nukleus; seldeling; genetika; voortplanting

Besigheidstudies

Gr.11 Sakeomgewings; sosio-ekonomiese uitdagings; sakesektore; sakegeleenthede

Gr.12 Sakeomgewings; maatskaplike verantwoordelikhede; nuwe wetgewings; sakeondernemings; sake-inligting, beleggings en versekering; kreatiwiteit en etiek

Jou bywoning kan boonop vir jou skool pryse losslaan. As julle vriende saamspan en die meeste van julle skool woon Die Burger in die Klaskamer-Winterskool by, kry julle skool R5 000 en die tweede meeste R2 500 in geldwaarde. Die wenskole sal in Augustus bekendgemaak word. Alle winste van Die Burger in die Klaskamer-winterskool word teruggeploeg in die projekte van Die Burger in die Klaskamer.

Voltooi sommer dadelik die meegaande inskrywingsvorm (agterop dié brief) en faks dit aan ons terug. Betaal die kursusgeld in by ABSA, Bankrekeningnommer 4048931283. Begin asb. die deposito-verwysing met KIK gevolg deur jou naam en van.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |