|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
Skole
Boishaai klop Paarl Gim in interskole
03/03/2008 01:07:05 PM - (SA)
DIE HTS DROSTDY, HJS Paarl en Hottentots-Holland se o.19A-krieketspanne het Saterdag hul interskolekragmeting teen onderskeidelik Worcester Gimnasium, Paarl Gimnasium en die HS Strand gewen.
Drostdy (113/8) het Worcester Gim (111) op verrassende wyse met twee paaltjies die loef afgesteek. Nadat Henry Gerber (4/20) en Hanno Roux (3/27) die kolwers van Gimnasium deeglik kortgevat het, het Drostdy ook vinnig paaltjies verloor, maar uiteindelik darem daarin geslaag om die knoop deur te hak.
Marcelle Thomas (5/18) en Sipi Gwazilituye (4/19) het die HS Strand se kolwers lelik laat rondkrap sodat Strand net 39 lopies kon bymekaarskraap. Hottentots-Holland het met 80 lopies geseëvier.
Die boulers het ook die botoon gevoer in die derby tussen die HJS Paarl (101/7) en Paarl Gimnasium (98).
Paarl Gimnasium het Hugenote (100) egter vroeër in die week ’n pak slae met 150 lopies toegedien danksy die skitterende kolfwerk van Danie van Zyl (126) en Imran Nackerdien (75).
Dirkie Uys (44/1) het Saterdag onverwags maklik met die HS Swartland (43) klaargespeel. Die boulwerk van Hannes Morris (3/8) en sy spanmaats was een te veel vir die Malmesbury-span.
In die o.15A-liga het Jaco van der Berg (3/7) ’n driekuns vir HTS Drostdy teen Worcester Gimnasium behaal.
Die opgesomde uitslae van krieketwedstryde in die Boland is:
ONDER 19A
HTS Drostdy klop Worcester Gimnasium met 2 paaltjies: WORCESTER GIM 111 (David Cremon 35, H. Kleintjies 33; Henry Gerber 4/20, Hanno Roux 3/27). DROSTDY 113/8 (Jamile Fortuin 30; Leon le Roux 4/33).
HJS Paarl klop Paarl Gimnasium met 3 paaltjies: PAARL GIM 98. HJS PAARL 101/7 (Jean Bredenkamp 32).
Hottentots-Holland klop Strand met 80 lopies: HHH 119 (Jermaine Dampies 29). STRAND 39 (Marcele Thomas 5/18, Sipi Gwazilituye 4/19).
Bredasdorp klop Charlie Hofmeyr met 3 paaltjies: CHARLIE HOFMEYR 80 (Dwayne Innert 3/16, Zian Potgieter 3/18, Kevin Brand 3/29). BREDASDORP 81/7 (Jaylin Fortune 2/9).
Paarl Gimnasium klop Hugenote met 150 lopies: PAARL GIM 250/2, gesl. (Danie van Zyl 126, Imran Nackerdien 75). HUGENOTE 100 (Stefan Kotzé 4/16).
New Orleans klop Parel Vallei met 5 paaltjies: PAREL VALLEI 101 (David Kellerman 47*). NEW ORLEANS 102/5.
Dirkie Uys klop HS Swartland met 9 paaltjies: SWARTLAND 43 (Hannes Morris 3/8, Winson Adams 2/5, Alwyn Schoeman 2/10). DIRKIE UYS 44/1.
ONDER 15A
HTS Drostdy klop Worcester Gimnasium met 50 lopies: DROSTDY 101 (Shaun Smit 4/18, Darren Lee 3/20). WORCESTER GIM 51 (Rossouw Neethling 4/9, Jaco van der Berg 3/7, insluitend ’n driekuns).
HJS Paarl klop Paarl Gimnasium met 7 paaltjies: PAARL GIM 120 (Grant Bridgens 5/7). HJS PAARL 126/3 (Freddie Kirsten 42*).
Charlie Hofmeyr klop Bredasdorp met 97 lopies: CHARLIE HOFMEYR 176 (Kobus Putter 88). BREDASDORP 79 (Christoff Albertyn 6/6).
Hottentots-Holland klop Strand met 7 paaltjies: STRAND 96 (A. Buitenhuis 32; Ebrahim Peters 5/28, Darren Davies 3/27). HHH 97/3 (Onge Gwazilituye 38).
Landbouskool Boland klop Hugenote met 141 lopies: LANDBOUSKOOL 226/7, gesl. (Dunco Visser 86*, Jan Frylinck 45, Visser Gildenhuys 30). HUGENOTE 85 (Kurt Adriaanse 4/11).
Hermanus klop Groenberg met 7 paaltjies: GROENBERG 45 (Ruan Kruger 7/17). HERMANUS 46/3.
ONDER 14A
Worcester Gimnasium klop Hugenote met 118 lopies: WORCESTER GIM 195 (Gilbert Abrahams 33, André Simons 30). HUGENOTE 77 (Clayton Isaacs 3/5, Shandro Issel 3/8).
HJS Paarl klop Paarl Gimnasium met 106 lopies: HJS PAARL 176 (Hanno Kotzé 47). PAARL GIM 70.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |