Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SKOLE  

  KLEINBURGER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Jessica LissFoto: NEIL BAYNES
Jessica LissFoto: NEIL BAYNES
Skole
Jessica Liss, Jessica Pengelly presteer in swembad
03/03/2008 01:06:53 PM - (SA)

DIE twaalfjarige Jessica Liss van die Laerskool St. George in Port Elizabeth het in die onlangse Samsung-swemgala in Kaapstad weer eens bewys dat sy een van die topswemmers in Suid-Afrika is.

Dié byeenkoms het op 23 en 24 Februarie by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind.

Jessica het die 800 m-vryslag in ’n tyd van 9:11,08 gewen, met Dominique Dryding (WP) in die tweede plek in ’n tyd van 9:20,93 en Kirsten Mouwer (KZN) derde in 9:25,01.

Die OP-swemsensasie het die 100 m-borsslag in 1:11,66 gewen en ook die 200 m-borsslag in 2:30,17 gewen.

Jessica se sterkste teenstanders in die 400 m-wisselslag was WP se Jessica Pengelly (16) en Kathryn Meaklim (KZN).

Jessica het die stryd teen dié twee teenstanders verloor en derde geëindig in ’n tyd van 4:53,77. Jessica Pengelly het gewen in 4:41,94, wat haar vorige rekord van 4:43,76 verbeter.

Karhryn Meaklim was in die tweede plek in 4:45,41.

FRANS DU TOIT berig: DIE skitterprestasies van die 16-jarige Wes-Kaapse swemmer Jessica Pengelly in die Samsung Grand Prix-reeks-gala in Bellville-Suid het die hoop laat opvlam dat Suid-Afrika vanjaar op die Olimpiese Spele in China ’n deurbraak in dié sport kan maak.

Pengelly het in twee nommers, die 400 m-individuele wisselslag, wat sy in 4:41.94 afgelê het, en die 200 m-individuele wisselslag, waarin sy ’n tyd van 2:16.41 behaal het, die nasionale rekords oortref.

In die 400 m-wisselslag het dié Somerset-Wesser nou reeds vier maal die Olimpiese kwalifiserende standaard van 4:45.08 oortref.

By hierdie prestasies het Pengelly eerste plekke in die 200 m-rugslag (2:15.73) en die 400 m-vryslag (4:22.71) asook ’n derde plek in die 100 m-vryslag (59.27 sek) gevoeg.

Die jong WP-swemmer Do­mi­nique Dryding het twee tweede plekke behaal, naamlik in die 400 m- (4:33.08) en die 800 m-vryslag (9:20.93). Derde plekke is behaal deur Arné van Rensburg (100 m-vlinderslag in 68:17 sek.), Jessica Ashley-Cooper (100 m-rugslag in 66.87 sek.), Liezl Burger (50 m-vryslag in 27.56 sek.) en Caitlin Kat (400 m-vryslag in 4:35.26).

In die nommers vir mans het die WP-swemmers Heerden Herman en Sebastien Rousseau hul gebruiklike kwota goeie vertonings gelewer. Herman het die louere ingeoes in die 400 m- (3:59.62) en die 1 500 m-vryslag (15:29.72). In albei nommers was James Faure van die WP tweede in onderskeidelik 4:08.81 en 16:30.71.

Rousseau was in 2:01.70 die wenner van die 200 m-vlinderslag. Hy het ook in 52.57 derde geëindig in die 100 m-vryslag. Derde plekke is ook behaal deur die jong WP-swemmers Jacques de Villiers (100 m-borsslag in 67.31 sek.), Rousseau Kluever (200 m-vlinderslag in 2:05.16) en Chris King (200 m-rugslag in 2:07.78).

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |