|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Rocco de Villiers vier tien jaar as solo pianis met sy vertoning, One Rocco, One Piano by die Baxter. Foto: VERSKAF
NetNaweek
Een Rocco, een klavier
09/05/2008 01:01:42 PM - (SA)
Die bekende pianis, Rocco de Villiers, vier vanjaar tien jaar as ’n solo-pianis. Hy vier dit in egte Rocco-styl op die verhoog met sy nuwe vertoning, One Rocco, One Piano.
Rocco onthou die goeie ou dae – toe Suid-Afrika televisie gekry het, gomma gomma, Glenda Kemp, cane en Rose’s lemmetjiestroop. Hy onthou ook sy babablou safaripakkie.
Hy onthou dat hy die enigste een in sy tuisdorp was wat nie rugby gespeel het nie en die saligheid van ’n dorpie in die platteland in die 60’s en 70’s.
Hy onthou en speel elke stuk musiek wat geïnspireer en aangespoor is deur herinneringe.
One Rocco, One Piano is welbespraak, goed geklee, goed gerepeteer en vol energie.
Rocco se CD’s, boeke vol mengeldrankies, voorskote en t-hemde is by die deur beskikbaar.
One Rocco, One Piano word van 14 Mei tot 31 Mei by die Theatre on the Bay-teater uitgevoer.
Vir meer inligting, skakel gerus 021 438 3301 of stuur ’n e-pos aan tracy@theatreonthebay.co.za.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |