|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
NetNaweek
Fees van wyn, kos en mode by Waterfront
09/05/2008 10:55:41 AM - (SA)
Goeie kos, wyn en mode is die fokus van die Cape Times V&A Waterfront Wine Affair. Hierdie affêre gaan van die Kaap se top wyne vier.
Besoekers aan die Wine Affair kan meer as 300 wyne van die Kaap se top 75 wynmakerye verwag en smaaklike kos en wyn kombinasies - dit alles onder ’n markiestent op die Breakwater parkeergarage. Besoekers kan toegang geniet tot die V&A Waterfront se nuwe mode deel deur middel van ’n loopbrug.
Uitsigte op die see en Tafelberg maak hierdie fees besonders en besoekers kan dié uitsigte geniet terwyl hulle wyne proe van bekende wynmakerye soos Boschendal, Groot Constantia, Môreson, The House of Krone, Twee Jonge Gezellen en Warwick.
Daar gaan ook uitstallings wees van Wine Affair Bread & Wine, Rodé Confectionery, Fairview Cheese en Wild Peacock Products wat smulhappies aanbied soos ingevoerde kaas, soesji, oesters, olywe, sjokolade en vele meer.
Sommige van die restaurante by die Waterfront gaan ook spesiale spyskaarte aanbied.
As jy klaar jou smaaksintuie bederf het, kan jy oorstap en jou sig prikkel met helder kleure en verskillende teksture van ontwerpers soos Jimmy Choo, Pringle, Democratic Republic, Replay, Lulu Tan Tan, Women’s Secret, Max Mara en nog vele meer.
’n Deel van die kaartjieverkope gaan aan die Pebbles Project, ’n liefdadigheidsorganisasie wat opvoedkundige ondersteuning bied aan kinders met spesiale behoeftes.
Die Cape Times V&A Waterfront Wine Affair is tot vandag by die V&A Waterfront. Dit is van 17:00 tot 21:00. Kaartjies kos R70 en parkering is R10 vir vyf ure.
Die prys sluit wyn, kaas en deli proeë, ’n Feesglas en ’n program in.
Vir meer inligting skakel 021 851 1563.
Kaartjies is beskikbaar by
. Computicket;
. Vaughan Johnson`s Wine Shop;
. Caroline’s Fine Wine Cellar; en
. The Wine Desk
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |