|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Navi Redd gebruik slegs hulle stemme om gehore te vermaak.
NetNaweek
Talentvolle a capella groep bekoor Boer-gangers
09/05/2008 12:16:44 PM - (SA)
Dis nie ’n maklike taak om a capella te sing nie, dit wil sê sonder begeleiding. Dis ’n taak wat talent en toewyding verg.
Navi Redd is ’n groep mans wat oor die toewyding en talent beskik en dis hul besonderse stemme en manier van a capella sing wat hulle so gewild maak.
Dis ’n belewenis om te sien hoe ’n a capella-groep optree. Daar is geen musikale instrumente nie, geen agtergrondmusiek nie – net briljante stembande en asemrowende tegnieke.
Navi Redd is ’n agtstuk-groep wat elkeen skreeusnaakse persoonlikhede het. Dit gepaard met hulle talent, verseker dat elke vertoning een is wat die gehoor gaan bekoor en vermaak.
Van Navi Redd se musiek sluit in liedjies uit Grease en van die Beach Boys, Johnny Clegg asook Steve Hofmeyr. Navi Redd is reeds in 2004 gestig en gaan van krag tot krag met optredes in 7de Laan, Egoli en Noot vir Noot.
Navi Redd is tot 11 Mei by die Boer met hulle a capella-vertoning. Kaartjies kos R100. Vir besprekings of meer inligting, skakel gerus 021 979 1911.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |