|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
NetNaweek
Kaal man beloof skerp komedie
29/04/2008 04:17:19 PM - (SA)
Die Universiteit van Kaapstad se Drama Departement bied Nude/Tails aan.
Die Suid-Afrikaans komedie handel oor ’n kaal man wat vasgekeer is in ’n munisipale vullisdrom. ’n Straatskoonmaker kry hom. Hoe gaan hulle hierdie gemors skoonmaak?
Die komedie is skreeusnaaks en gaan jou sekerlik laat lag tot jy huil. Dit word hoog aanbeveel.
Nude/Tails is deur Michael Kirch gederigeer en die rolverdeling is as volg: Dale De Waal, Chase Downes, Inka Jaroszynska, James MacGregor, Lutho Somdyala en Dann-Jacques Mouton.
Die skerp humor mag nie geskik wees vir kinders onder die ouderdom van 13 nie. Ouertoesig word aanbeveel.
Nude/Tails is vanaand by die UCT Arena teater.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |