|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Jy kan net ’n klipgooi van die Kruger Wildtuin af bly. Foto: VERSKAF
NetNaweek
PROMOSIE: Kruger Wildtuin droom kan nou joune word
25/04/2008 10:32:35 AM - (SA)
Om jaarliks na die Kruger Wildtuin te gaan vir ’n vakansie is op sommige mense se kalender ’n instelling. Maar ongelukkig is dit nie vir almal moontlik nie. As jy nié een van dié gelukkiges is nie, maak Jambo Safari dit nou vir jou moontlik om te gaan.
Jy kan vir drie aande in luuksheid by die vierster Kruger Lodge bly. Die lodge is net ’n klipgooi van die Kruger Nasionale Park, so jy kan maklik ’n daguitstappie by die gewilde park geniet en Suid-Afrika se Groot Vyf uitken - as jy gelukkig is.
Die pakket kos R3 670 per persoon wat deel en R 1 235 vir kinders onder 12. Die pakket sluit in retoervlugte van Kaapstad na Johannesburg, ’n huurmotor (met onbeperkte kilometers en versekering), drie nagte akkommodasie by Kruger Lodge en ontbyt.
Die aanbieding is geldig tot 30 September en onderworpe aan beskikbaarheid.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |