|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Jody Williams gaan op 31 Mei deel wees van Tygervallei se Melody Madness. Foto: CATHY PINNOCK
NetNaweek
PROMOSIE: Music Medley saam met Tygervallei
25/04/2008 11:36:31 AM - (SA)
Tygervallei bied Music Medley aan, ’n viering van sommige van ons land se opkomende sterre. Die jong talentvolles word die geleentheid gegun om deur talentsoekers (scouts) raak gesien te word en ’n loopbaan in die musiekbedryf te begin.
Hulle deel ook die verhoog met supersterre soos soos Jody, Brandon en Kobus.
Hoopvolle hoërskoolleerders word deur hul musiekonderwysers aanbeveel en moet almal vir oudisies gaan. Slegs tien word vir die wonderlike geleentheid gekies.
Brothers With Voices is ’n talentvolle ensemble wat bestaan uit agt jong, manlike sangers van Imizamo Yethu in Mandela Park, Houtbaai. Hulle gaan ook die geleentheid gegun word om op die verhoog te verskyn.
Die gelukkige Top Tien tree nie net op dieselfde verhoog as supersterre op en staan ’n kans om deur ’n talentsoeker raakgesien te word nie – hulle gaan ook ’n demo-album opneem, wat hulle kan gebruik om hul loopbaan te bevorder.
Die sangers deel almal een aantrekkamer en Jody, Brandon en Kobus sal hope tyd hê om ’n paar wenke aan die jong klomp te gee.
Die geleentheid sal geniet word deur enige persoon wat passievol oor musiek is of van ’n lekker tyd hou. Ná die vertoning sal daar ook ’n geleentheid wees om jou gunsteling ster se handtekening te vra.
Die vertoning is op Saterdag 31 Mei in die Tygervallei Arena van 12:00 tot 15:00 die middag.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |