Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Wen met Leefstyl
Bespreek NOU vir die kroning van Die Burger/FAB Bruidspaar 2007
09/04/2008 02:23:27 PM - (SA)

TOEKOMSTIGE bruidspare kan uitsien na die Herfs-FAB, die grootste bruidskou in die Wes-Kaap. Omdat dit die voorloper in die mark is wat standaard en grootte betref, is ’n besoek aan die FAB ’n moet om enige geselligheid ’n sukses te maak.

Die Herfs-FAB vind op 3 en 4 Mei in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaas. Wie binnekort trou of ’n ander spesiale geleentheid beplan, sal baat vind deur ’n draai te maak. Dit is ’n uitsonderlike ekspo met uitstallings van hoogstaande gehalte.

Byna enige diens of produk wat benodig word om die sukses van ’n troudag te verseker, sal ten toon gestel word. Stalletjies sal beman word indien besoekers vrae sou hê. Die meeste van die Kaap se bekendste bruidsrok-ontwerpers sal uitstal, en hul ontwerpe sal op die daaglikse modeparades te sien wees. Kaartjies vir die ekspo kos R60 per persoon en sluit al die mode- vertonings in. Voorafbespreking is nie nodig nie, en kaartjies kan by die deur gekoop word. Ure: Saterdag 3 Mei 09:00-17:30 en Sondag 4 Mei 09:00-17:00.

Vir navrae kan die organiseerder, The Promotions Co., by 021 981 4737 gebel word.

Bruidspaar van 2007

Die Burger en die aanbieders van die FAB-bruidskou kondig op 16 April die wenners van die tiende ronde aan.

Dié pare word op 23 April bekend gemaak.

Lesers kan elektronies vir hul gunsteling semifinalis in die tiende ronde stem deur 086 223 3235 te skakel of vir die semifinalispare wat na die onderskeie rondes deurgedring het van 16 tot 20 April op die internet stem (www.dieburger.com) wat dan na die 11de en 12de rondes sal deurdring.

Daar sal altesame 12 finalis-egpare wees. Dié pare moet bereid wees om op 3 Mei op die FAB-skou weer hul trouklere aan te trek en hul voorkoms na te boots soos op die groot dag.

Die wenners word dan op dié glansgeleentheid as deel van die FAB-bruidskou in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangewys. Die finaliste sal klere van Hip Hop dra.

Die sanger Valiant Swart sal by dié geleentheid optree. Kaartjies is teen R145 per persoon te koop.

Skakel 021 981 4737 vir besprekings en meer inligting oor die groot aand.

Die eerste oproep wat vandag voor 12:00 ontvang word, sal ’n dubbelstel gratis kaartjies ontvang om die Bruidspaar van die jaar kompetisie by te woon.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |