|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Die begin van die Spar Wedloop vir Vroue op Sondag. Foto: NATALIE GABRIELS
SPAR Ladies Run
Wedloop ’n groot sukses
15/04/2008 01:23:10 PM - (SA)
DIE Kaapstadse been van die Spar Wedloop vir Vroue het Sondag by die Bellville-stadion plaasgevind, en was weer ’n groot sukses, as ’n mens in ag neem dat daar ’n ongelooflike 9 990 inskrywings was. Rene Kalmer was die algehele wenner met ’n tyd van 33:27.
Die stadion was volgepak met opgewonde deelnemers en toeskouers wat hierdie gewilde jaarlikse wedloop ondersteun het. Saskia Falken, omroeper van Heart 104.9, was die seremoniemeester en het haar gehoor vermaak tydens die prysuitdeling saam met Munro du Toit van Idols-faam. Spar vier vanjaar hul 45ste verjaarsdag en het ’n splinternuwe Volkswagen Tenaciti aan een gelukkige deelnemer weggegee in ’n gelukstrekking. Die wenner van die kar, me. Rowina Carolissen, was voorwaar sprakeloos toe haar wedloopnommer uitgeroep is.
Spar en die organiseerders van die wedloop was baie in hul skik met die groot aantal vroue wat aan die wedloop deelgeneem het, en met al die duisende toeskouers wat opgedaag het. Hulle hoop om volgende jaar nóg meer vroue van die Wes-Kaap aan dié spesiale geleentheid te sien deelneem.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |