|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Vroue van alle grootte, vorms en fiksheidvlakke kan aan die Spar Wedloop vir Vroue deelneem.
SPAR Ladies Run
Skryf in en deel in goeie doel
28/03/2008 02:23:45 PM - (SA)
DIE Spar Wedloop vir Vroue vind op Sondag 13 April by Bellville-stadion plaas. Hoewel die wedloop oor minder as vier weke plaasvind, stroom die inskrywings al in.
Vroue van alle ouderdomme, vorms en vlakke van fiksheid word uitgenooi om deel te neem aan hierdie wedloop. Daar is selfs mans wat inskryf. In vroueklere kan hulle ook hul deel vir liefdadigheid doen, aangesien R2 van elke inskrywing aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal geskenk word vir toerusting wat hulle wil aankoop vir die nuwe teaters wat tans gebou word.
Dit kos R35 om in te skryf vir die 5 km-roete en R40 om in te skryf vir die 10 km-roete. Jy kan beide afstande stap of draf. Die eerste 10 000 inskrywings ontvang elk ’n geskenkpak en ’n T-hemp.
Na afloop van die wedloop is daar ook talle pryse wat deelnemers in gelukstrekkings kan wen. Die groot prys is ’n splinternuwe Volkswagen Tenaciti en enigiemand wat die prysuitdelingseremonie bywoon, kan hierdie prys wen.
Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels.
Deelnemers kan ook binne die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite.
Om meer uit te vind oor hierdie wedloop of om aanlyn in te skryf, skakel gerus vir Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of by 071 100 7135.
Moenie op hierdie kans uitmis nie X stop sommer vandag nog by jou naaste Spar en kry ’n inskryfvorm!
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |