|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Mans is ook welkom by die Spar Wedloop vir Vroue. Hier is Henk Laurens tydens laasjaar se wedren. Foto: MICHAEL HAMMOND
SPAR Ladies Run
Mans welkom by vrouewedloop
28/03/2008 02:23:51 PM - (SA)
DIE vroue van die Wes-Kaap is opgewonde en gereed om op Sondag 13 April vanjaar se Spar Wedloop vir Vroue by die Bellville-stadion aan te durf.
Hulle is druk besig om te oefen en om mekaar aan te moedig om voor te berei vir hierdie geleentheid. Vroue van Kaapstad en die omliggende omgewings stroom na hul naaste Spar-takke om nie net melk en brood te koop nie, maar sommer ook ’n inskryfvorm te gryp terwyl hulle daar is.
Dié vroue se wederhelftes by die huis voel dalk ’n bietjie afgeskeep, maar daar is goeie nuus vir hulle: mans kan ook deelneem.
Al wat hulle moet doen, is om ook inskryfvorms te kry en drafskoene aan te trek by hul pruik, romp, tutu en kouse!
Want, soos in vorige jare, mag mans deelneem aan die Spar Wedloop vir Vroue, maar net as hulle in vroueklere aangetrek is. Onthou, dit is alles vir ’n goeie doel, aangesien R2 van elke inskrywing aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal geskenk gaan word.
Mans in vroueklere sal ook in aanmerking kom vir die gratis Spar-geskenkpak as hulle onder die eerste 10 000 inskrywings is.
Hulle sal egter nie in aanmerking geneem word vir die posisiepryse of enige van die gelukstrekkings nie.
Dit kos R35 om in te skryf vir die 5 km-roete en R40 om in te skryf vir die 10 km-roete. Jy kan beide die roetes stap of draf. As sekere mense besluit om die wedloop in hoë hakke te voltooi, sal die ontspanne 5 km-roete dalk ’n beter opsie wees.
Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels. Deelnemers kan ook binne die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite. Om meer uit te vind oor die wedloop of om aanlyn in te skryf, besoek www.spar.co.za of skakel Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of 071 100 7135.
|
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |