Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
SPAR Ladies Run
Rekenaar op die spel vir skool met die meeste inskrywings vir vrouewedloop
28/03/2008 02:23:51 PM - (SA)

DIE Spar Wedloop vir Vroue vind op 13 April by die Bellville-stadion plaas. Soos wat vorige jare die geval was, bied die borge vanjaar weer ’n spesiale prys aan die skool met die meeste inskrywings. Die Hoërskool Westerford hou ’n rekord as die wenners van hierdie prys vir sewe jaar agtereenvolgend!

Vanjaar daag Spar en die Hoërskool Westerford ander skole uit om deel te neem aan dié wedloop, hoewel Westerford vol vertroue is dat hulle nie onttroon gaan word nie. Me. Mandy Moyce, ’n rekeningkunde-onderwyser en ook organiseerder van padwedlope by dié skool, sê hulle het geen twyfel dat hulle vanjaar vir die agtste agtereenvolgende keer hierdie prys sal inpalm nie. Ander skole word aangemoedig om hul leerders bymekaar te kry en Westerford ’n ding of twee te wys.

Die skool met die meeste inskrywings sal ’n splinternuwe rekenaar tot hul skool se rekenaarkamer kan byvoeg. As jou skool nie ’n rekenaar nodig het nie, kan jy steeds inskryf vir die kompetisie en die rekenaar aan ’n behoeftige skool skenk. Só sal jy dan op meer as een manier jou deel vir liefdadigheid doen, want die Rooi Kruis-kinderhospitaal sal ook R2 van elke inskrywing ontvang.

Dit kos R40 om in te skryf vir die 10 km-roete en alle meisies ouer as 15 is welkom om in te skryf. Dit kos R35 om in te skryf vir die 5 km-roete en hiervoor kan alle meisies ouer as nege inskryf.

Daar sal talle pryse op die dag van die wedloop weggegee word, insluitende ’n splinternuwe Volkswagen Tenaciti. Hierdie kar kan gewen word deur enigeen wat vir dié wedloop ingeskryf het en na afloop van die wedloop by die prysuitdeling teenwoordig is. Die eerste 10 000 inskrywings ontvang elkeen ’n geskenkpak propvol verrassings en ’n T-hemp van Spar.

Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels. Jy kan ook binne die volgende uitgesoekte Superspar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite.

Om meer oor die wedloop uit te vind of om aanlyn in te skryf, besoek die webwerf by www.spar.co.za of skakel Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of 071 100 7135.

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |