Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
’n Splinternuwe Volkswagen Tenaciti is op die spel by vanjaar se Spar Wedloop vir Vroue. Foto: VERSKAF
’n Splinternuwe Volkswagen Tenaciti is op die spel by vanjaar se Spar Wedloop vir Vroue. Foto: VERSKAF
SPAR Ladies Run
Blinknuwe motor op die spel
28/03/2008 02:23:49 PM - (SA)

DIE Spar Wedloop vir Vroue is vanjaar weer ’n groot geleentheid vir alle vroue.

Die wedloop is vanjaar op Sondag 13 April, weer by die Bellville-stadion.

Het jy al ’n goeie rede om in 2008 aan hierdie wedloop deel te neem?

Hier is ’n paar redes:

. As jou fiksheid vlak by nul is, is dit die beste wedloop om aan deel te neem;

. Dié wedloop maak voorsiening vir alle vlakke deur ’n 5- en 10 km-roete te hê;

. Jy kan die roetes stap of hardloop teen R40 vir 10 km en R35 vir die 5 km;

. Die eerste 10 000 inskrywings ontvang elkeen ’n gratis T-hemp van Spar en ’n geskenkpak vol verrassings; en

. Die eerste 10 000 deelnemers oor die wenstreep kry ook medaljes.

As jy nog nie ’n rede het om deel te neem nie, miskien sal die volgende jou oortuig.Dit is vanjaar Spar se 45ste verjaarsdag, en omdat hulle wil hê almal moet deel wees van die viering, het die borg besluit om ’n splinternuwe VW Tenaciti as gelukstrekkingprys weg te gee.

Een gelukkige deelnemer sal ná die wedloop met ’n blinknuwe motor wegry. Al wat jy hoef te doen, is om te bly vir die prysuitdeling. Dit beloof om sommer baie interessant te wees!

Dié wedloop is een van die belangrikste geleenthede op Westelike Provinsie Atletiek se padwedloop-kalender, en beloof om toeskouers en vrouestappers en -drawwers ’n opwindende dag vol pret te gee. Inskryfvorms is beskikbaar by alle Kwikspar-, Spar- en Superspar-winkels.Deelnemers kan ook binne die volgende uitgesoekte Super-spar-winkels inskryf: Aurora, Parklands, Kuilsrivier, Sonstraal, Plattekloof, Seepunt, Die Boord, Belhar, Welgedacht, Rosmead en Elite.

Om meer uit te vind oor die wedloop of om aanlyn daarvoor in te skryf, besoek die webwerf by www.spar.co.za of skakel Westelike Provinsie Atletiek by 071 100 7141 of 071 100 7135.

    
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |